DIE VERHAAL

In die tienerbediening in ons gemeente hanteer ons DIE VERHAAL as ons tema vir die jaar.Ons gaan deur die loop van die jaar verskillende belangrike verhale uit die Bybel vir mekaar vertel en so die groter prentjie van DIE VERHAAL kry sodat ons kan verstaan waarmee God besig is, maar ook sodat elkeen van ons ons plek in DIE VERHAAL kan ontdek.

Voordat jy die gesprekke sinvol kan hanteer, behoort jy eers die INLEIDING te lees. Die volgende verhale word op die volgende Sondae vertel. Lees voort “DIE VERHAAL”

OUERS EN TIENERS – OPBOUENDE DISSIPLINE

Die inskrywing oor lyfstraf het toe bietjie ge-“stir” net soos ek verwag het. Ek dink toe om ‘n paar opmerkings te maak oor die motivering van veral tieners want ek veronderstel dat lyfstraf motivering ten doel het. As ouers wil ons ons kinders ons kinders of negatiewe of skadelike gedrag afleer of positiewe of opbouende gedrag aanleer. Dus – Motiveer om iets op te hou doen of iets te begin doen en aan te hou om dit te doen.
ONVOORWAARDELIKE LIEFDE 
Ouers kan net hulle kinders positief motiveer indien hulle onvoorwaardelike liefde beleef. Lees voort “OUERS EN TIENERS – OPBOUENDE DISSIPLINE”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑