As jy by Company straat 135 in Sunnyside stilhou, sal Titus waarskynlik die eerste een wees wat jou kom groet. Titus is die huis se hond. Na ‘n inbraak het die inwoners van Company straat 135 besluit dat hulle ‘n GROOT hond nodig het om potensiĆ«le misdadigers af te skrik. Derhalwe – Titus.
Maar die besondere van Company straat 135 tref jou eers as jy instap en die mense leer ken wat in die huis bly. Hulle is almal studente. Studente wat vir jou sal verduidelik dat hulle besig is met Intentional Living. Mens kan hulle leefstyl so beskryf:
“Intentional Living is an environment that helps you transform your current lifestyle to one that is focused on missional output, outreach and to a life of service and sacrifice.” Lees meer HIER.
Die inwoners van die huis is INTENSIONEEL daarop gefokus om ‘n meer eenvoudige leefstyl te handhaaf.
Ons gemeente en in besonder ons gesin se paaie het met hierdie groep mense gekruis toe Anru Liebenberg verlede jaar as finale jaar student sy praktiese jaar in ons gemeente kom doen het.
Maar, vandag gaan dit oor die hartseer wat hierdie groep studente beleef. Een van die huismaats Victor ( Mapitsi Pontsho Victor Boshomane) het Saterdag verdrink.
Neels Jackson het HIER mooi breedvoerig oor die gebeure geskryf. Ek haal aan uit die berig: Lees voort “VICTOR IS DOOD – LANK LEWE DIE STORIES VAN HOOP”