Ek sal maar waag om iets oor seks te sê.
Die Bybel is die ewiggeldende Woord van God in mensetaal. In die Bybel gee God vir ons riglyne vir die lewe. Ons leef natuurlik nie volgens in hierdie riglyne om punte by Hom te kry of om Hom te beïndruk of om seker te maak Hy doen wat ek vra die volgende keer as ek bid nie. Meeste van die tyd wil Hy ons keer om iets te doen wat ons self en/of die mense rondom ons skade sal doen of sal seermaak. So ook die Bybelse riglyne oor seks. Die riglyne wil ons help om mense nie seer te maak nie.
‘n Tiener in matriek gesels onalngs met my oor hierdie saak. Hy sê iets soos: Ek en my meisie is baie lief vir mekaar en ons is nou al vir ‘n hele rukkie saam. Ons praat nou oor of ons ‘n seksuele verhouding gaan hê of nie. Ons dink ons gaan eendag trou!Is dit verkeerd as ons seks het?
Die maklikste antwoord is: “Die Here het seks bedoel as iets wat tussen een man en een vrou binne die huwelik gebeur. Enige ander seks is sonde.” Almal van ons weet natuurlik dat vandag se jongmense nie maklik val vir sulke antwoorde of opmerkings nie.
Ek het die jong man toe maar met twee vrae gelaat:
Vraag 1: Sê nou hierdie verhouding werk nie uit nie en jy ontmoet iemand anders met wie jy eendag trou. Hoe sou jy daaroor voel as sy teenoor jou erken dat sy in die hoërskool ‘n seksuele verhouding met ‘n ander seun of seuns gehad het?
Vraag 2: Sê nou jy is eendag getroud. Jy het kinders en jou dogter is in die hoërskool. Een aand laat klop sy aan jou en jou vrou se deur met hierdie vraag: Ek en ???? is nou al so lank saam. Ons dink ons gaan eendag trou. Ons wil graag julle toestemming kry om ‘n seksuele verhouding te hê. Hoe sou jy daaroor voel?
Dink oor hierdie vrae dan besluit jy.
Die gereformeerde beskouing is juis dat seks een van die wonderlikste vlakke van intimiteit tussen twee mense is. Waarskynlik ‘n onherhaalbare intimiteit. Dit is wonderlik en lekker en juis daarom is dit ‘n vraag en ‘n versoeking en ‘n probleem.
Hier kan jy KOMMENTAAR lewer of ander se kommentaar lees.
NS: Ek kamp die naweek en sal eers Maandag terug wees.
Attie, die kwessie van “voorhuwelikse seks” is al lankal vir my ‘n enigma. In die Bybel kon ek nog nooit enige enige verwysing kry wat voorhuwelikse seks veroordeel nie. Daar word wel na “onreinheid”, “losbandigheid”, “onsedelikheid” ens. verwys. As jy egter effe dieper delf, kom jy agter dat hierdie verwysing praktyke soos bloedskande, bestialiteit, verkragtig en prostitusie veroordeel en nie sg “voorhuwelikse seks” nie.
Ek is dit eens met jou dat tienerseks ‘n tameletjie is. Ek glo dat seks ook ‘n baie sterk emosionele kwessie is en dat dit nie God se wil is dat mense seksueel aktief behoort te wees, voor hulle nie dit ook emosioneel kan hanteer nie (omdat God die beste vir ons bedoel). MAAR ek kan nie sien dat seks tussen 2 volwasse mense binne ‘n voorhuwelikse verhouding(of na-huwelikse verhouding, as jy geskei is)”sonde” is nie. Dit is deel van volwasse menswees en kan nie moralisties ontken word op grond van wat die Bybel “suggereer” nie. Sondes word tog baie duidelik uitgestip in die Bybel(“moord”, “roof”, ‘egbreek” ens.). Maar nerens ‘n woord oor “voorhuwelikse seks” nie? Uiters vreemd…
Vir ‘n te lang tyd het die Kerk die seksuele verhef tot die “ergste” sonde en sodoende ook op ‘n moralistiese wyse dit wat inherent mooi en goed en lekker is (seks) ‘n negatiewe konnotasie gegee. Dit het voorts deur die jare gelei tot onnodige skuldgevoelens, onderdrukte seksualiteit en skynheilige vroomheid. Hoeveel jong paartjies het nie ook al in die skeihof geeindig na ‘n huwelik wat hoofsaaklik gebaseer was op seksuele begeerte nie (“kom ons trou, want dan mag ons seks he”).?
Ek glo nie tienerseks is wenslik nie en ek glo ook losbandige seks (“rondslaap” in die ou taal) is Godsbedoeling nie. Ek glo wel dat seks bedoel is as ‘n integrale deel van menswees binne ‘n romantiese verbintenis tussen twee volwassenes, hetsy hulle nou getroud is, of nie.
boerinballingskap
Ek dink jy het raak gelees dat ek nie graag moralisties – m.a.w. in terme van reg en verkeerd oor hierdie saak wil praat nie. Daar is baie daaroor te sê, maar dit bevorder nie die gesprek nie. Terloops: Die kwessie van voor-huwelikse seks lê opgesluit in die woordjie eg-breuk. Seks buite die huwelik kan gesien word as eg-breuk.
Ek dink die gesprek moet gaan oor die emosionele impak van seks. Dit beteken dat die ouens wat seks as iets aanvaarbaar tussen twee volwasse mense beskou sal eerlik moet wees oor die emosionele impak van sodanige seksuele verhouding(s). Ek kry soms die gevoel van hierdie ouens regverdig hulle wellus. (Versigtig nou voor julle op julle perdjies klim en julle vererg. Baie van hierdie mense het hulle die absolute vryheid toegeien om die kerk te beskuldig en na willekeur sleg te sê vir iets waarmee hulle ongemaklik is.)
Die etiek van berading en pastoraat verhinder my om te veel te sê oor die emosionele bagasie en wonde wat mense met hulle saamdra as gevolg van hierdie dinge.
Die probleem is egter ook dat die wesenlike van die Christelike godsdiens juis ‘n verskerpte sensitiwiteit is vir dit wat die Here van my vra en wat die Here van my verwag en oor goed soos ‘n heilige lewenswandel. Al hierdie dinge kom in die gedrang wanneer hierdie saak aangeroer word.
Ek sê steeds: Seks is deur God geskep as die wonderlikste vorm van intimiteit tussen twee mense en as gevolg van die misbruik en die seer wat daarmee saam kan gaan, het God bedoel dat dit tussen een man en een vrou binne die huwelik moet wees.
Lang antwoord. Maar nou ja.
Attie, ek sou verbaas gewees het as jy saam met my siening van buite-huwelikse seks sou stem. Ek voel nie ernstig genoeg oor hierdie saak om in diepte (verder) daaroor te redeneer nie. My mening dui maar my eie interpretasie en denke aan. Ek dink daar is baie belangriker sake om binne die geloofsraamwerk te beredeneer as die kwessie van seks buite die huwelik.
Dankie vir jou antwoord.
Aikona.
Egbreuk is ‘n verbreuking van die eg. ‘n Egband is ‘n huwelik – jy kan slegs egbreuk pleeg indien jy reeds getroud is. Seks sonder / voor die huwelik val ongelukkig nie in hierdie kategorie nie.
o jinnetjie, verskoon my spelling…
Bib, ek het lanklaas so volkome met iemand saamgestem as met jou in hierdie verband. Attie, dis vir seker ‘n tameletjie as dit by emosionele onvolwasse mense kom en ek stipuleer juis hier slegs emosioneel onvolwasse mense, en nie net tieners nie, want ongelukkig is ouderdom geen waarborg vir emosionele volwassenheid nie.
Ek het onlangs eers weer begin kerk toe gaan, nadat ek destyds met my egskeiding deur my kerk, NG, veroordeel is omdat skei sonde was en ek nie weer wou probeer nie, want my man wou nie skei nie. Maar oor die feit dat hy my flenters geslaan het, daaroor is NIKS, maar niks gese nie. Hy is nie daaroor veroordeel nie.
So, verstaanbaar was ek bitter teenoor die kerk. Maar wag, ek dwaal af. Seks, buite huweliksverband, is ‘n feit wat elkeen vir homself sal moet uitklaar. En ek is bereid om eendag my kanse met die Here te neem wat dit betref, met alle respek gese. intussen het ek my kinders toegerus met die feite en die Bybel, maar verder kan ek net vir hulle bid en nooit, maar nooit oordeel waar ek nie eers een, wat nog te se twee, myl in die ander mense se skoene geloop het nie.
God se genade is baie groot. Ek dink dit is juis deel van die probleem dat ons oor seks praat asof jy die hemel mis as jy dit doen. Dit is nie waar nie. In die debat mag dit nie gaan nie oor verlossing al dan nie. Moet dus nie bekommerd wees oor kanse wat jy eendag met God sal vat nie. Daar is slegs een vereiste vir verlossing: Geloof in Jesus Christus, ons Verlosser.
Dit gaan oor die Here wat ons deur sy beginsels van seer op hierdie aarde en in hierdie lewe wil bewaar. Dit gaan oor die Here wat ons in hierdie lewe reeds in volkome vrede en vryheid in ‘n verhouding met Hom wil laat leef.
Weereens: Die dominee by wie jy destyds was het nie jou man wat jou geslaan het veroordeel nie. Ander sou dit gedoen het en doen dit. Ek verstaan jou seer en al daardie dinge, maar ek skerm ook vir die kerk wat vir my en die Here baie kosbaar is.
Eg is die huwelik. Wie met iemand anders as die persoon met wie hy/sy in die eg is seks het, pleeg egbreuk. As hy/sy nie in die eg is nie, is seks eg-breuk. Dit is bedoel vir iets tussen een man en een vrou.
Kan ek maar my stuiwer in die armbeurs gooi.
My eerste huwelik is in die drein af omdat ek ‘n seksuele verhouding met ‘n ander vrou gehad het en toe uitgevang is.
Toe ek weer in ‘n ernstige verhouding betrokke raak, was dit belangrik dat ek aan myself bewys dat ek seksueel getrou sou kon wees aan een vrou. Vir my was die enigste manier om selibaat gelewe – geen seks nie. Ek en my vrou het die eerste keer seks gehad die aand toe ons getroud is. Vandag weet ek : Ek gaan “nee” sê. My vrou weet ek gaan “nee” sê. Ons huwelik is gebou op vertroue. Die vertroue en die kameraadskap en die openheid in ons huwelik is vir my kosbaar.
Saam met dit alles het ek die lewenskuns van selfbeheersing aangeleer wat ek op soveel ander terreine van my lewe kon gebruik.
Om “nee” te sê vir seks was ‘n belegging in my lewe van oorvloed wat ek vandag beleef. Om “nne” te sê vir seks het my geleer wat dit beteken om tot alles in staat te wees deur Christus Jesus my Here. Om “nee” te sê vir seks het my selfrespek herstel en het my die respek van my vrou en my kinders gegee.
Dit is maar my storie.
Dagse Ds Attie
HA! Is DIT nou nie ‘n dapper man nie? Eerstens, ding het heel per ongelukkig oor hierdie tafel gestruikel en is aangenaam verras. Ding reken dis nou ‘n oulike en edel idee – baie geluk daarmee. *Persoonlike glossae: ‘n ds met ‘n interaktiewe preek – ding se groot wens is vervul! Netjies.*
Nou, Doom, verstaan tog maar asseblief: ding is maar stoepboer en intellektueel dikwels redelik gestremd en oorwegend baie simplisties en stadig van denke. Ding het nou soooo gelees en weer gelees en ding wetie, maar daar is goete wat nie lekker op die oor val nie. Ding vra dan ook maar:
Die kommentaar van Johan Swarts is vir ding nogal verstaanbaar: op die punt af en logies verstaanbaar. Simplisties, ne. Jy kan nie eg breek as jy nie in die eg is nie. Vir egbreuk is die voorvereiste die bestaan van die eg. En uit die bespreking hier is dit duidelik dat met “eg” word bedoel huwelik.
Nou hoe bedoel die Doom dan nou wanneer jy se:
“As hy/sy nie in die eg is nie, is seks eg-breuk. Dit is bedoel vir iets tussen een man en een vrou.”
en
“Die gereformeerde beskouing is juis dat seks een van die wonderlikste vlakke van intimiteit tussen twee mense is. Waarskynlik ‘n onherhaalbare intimiteit. Dit is wonderlik en lekker en juis daarom is dit ‘n vraag en ‘n versoeking en ‘n probleem.”
en
“Ek sê steeds: Seks is deur God geskep as die wonderlikste vorm van intimiteit tussen twee mense en as gevolg van die misbruik en die seer wat daarmee saam kan gaan, het God bedoel dat dit tussen een man en een vrou binne die huwelik moet wees.”
So, die gereformeerde beskouing sluit nie in nie dat seks slegs binne huweliksverband tussen een man en een vrou hoort? Huwelik word dus nie as vereiste gestel nie? Maar Doom se persoonlike interpretasie en voorkeur is dat dit slegs binne die huwelik hoort? Verstaan ding nou reg hier?
Doom, dan pla nog drie goete vir ding:
1. Doom, is dit nie gewaagd (ding het die woord arrogant oorweeg) om God se bedoeling te verwoord nie? Want Doom, ding sit nou maar en wonder so: daai wat die Doom nou se van as gevolg van die misbruik en die seer wat daarmee saam kan gaan, Doom, meen jy nou dat God nou gebedoel het dat seks in die huwelik nie misbruik sal word nie en seks in die huwelik nie seer sal maak nie?
Want Ds Attie, dan moet jy vandag asseblief vir ding verskoon, maar dominee, hier praat ding nou sommer kaalvuis, ne. Doom, dis uitlatings soos DIT – dis persoonlike ideologiee soos seks hoort binne die huwelik en nerens anders nie, wat vir ding moerig maak.
Doom, uit dit wat jy nou al hier gese het, het ding die volgende gehoor (onthou, se is een ding, hoor is iets helemal anders, ne):
Seks hoort slegs binne die huwelik, vir welke rede ookal, enige ander seks, buite/sonder is egbreuk, en is egbreuk nie een van die 10 doodsondes (skuus, ding ken die Bybel GLAD nie)nie?
Nou, as egbreuk een van daai sondes is, dan is seks buite/sonder huweliksverband sonde en sonde is verkeerd en so in effek, Dominee Attie, of jy die debat daaroor wil laat gaan of nie, in effek HET jy klaar geoordeel: dis verkeerd. (.)
2. En dan Dominee, met alle respek, jou antwoord op Sonkind se kommentaar – wat se jy nou eintlik? Son-son, is dit net ding wat nou weer hopeloos en helemal in my dinges in hier stadig is – verstaan jy wat die doom se? Van veroordeel en nie veroordeel nie en al daai nommers?
3. Dominee, dan die derde: ek weet van net te veel huwelike waar seks misbruik word; ek weet van net te veel huwelike waar seks alles behalwe hierdie wonderlike intimiteit is, om die ideologie te glo en/of te ondersteun. Doom, wat gaan jy vir die kind verduidelik vir wie jy nou eintlik in soveel woorde gese het s/hy moet wag tot by die huwelik vir seks, as daai kind vir jou se: ek trou? nie in hierdie lewe nie. Ek wag vir seks tot by die huwelik? nie in hierdie lewe nie. Want ek het gesien hoe my ma se beentjies toegeklap het soos ou kombuiskasdeure as my pa nie gekoop het wat sy wou he nie / want ek het gesien en gehoor hoe my pa my ma gery het met of sonder haar wil; hoe sy hom huilend gesmeek het om dit nie te doen nie en dan het hy haar eenvoudig gemoker totdat sy stil geraak het en hy sy wil kon he. Doom, dink jy daai kind gaan omgee dat sy pa/ma verkeerd opgetree het en dit nou nie eintlik so hoort in die huwelik nie – van watse huwelik praat ons hier, NOG ‘n ideologie?
Realiteit, ds Attie, is dat ons lewe in ‘n wereld en lewe vol stukkend en seer, wonde en letsels; reg of verkeerd. En ‘n ideologie was nie, is nie en sal nooit wees nie, ‘n pleister op ‘n verwonde, geskende, verwronge realiteit nie.
Ten slotte, ding reken jou antwoord aan die matriekseun was skitterend. DIT is die tipe leiding wat nodig is. Prakties. Haalbaar.
Dankie dat ding vir jou ‘n koerant kon skryf.
Staan sterk, sit stewig en le laag
ding
Ag askies Doom, maar ding het nog ietsie vergeet – doom, jy verwys deurgaans na seks as binne die huwelik tussen een man en een vrou.
Ding maak daaruit die afleidings dat:
seks binne ‘n gewoonteregtelike huwelik tussen een man met een vrou op ‘n keer, maar meerdere vroue, almal met wie die man wettiglik getroud is, dan buite God se bedoeling val?
en
seks binne wettige huwelik/vennootskap tussen een man en een man of een vrou en een vrou dan buite God se bedoeling val?
Doom, ding sal darem maar hou van ‘n antwoord op veral die twee vragies.
Dankie tog.
ding
Hi ding
Man het ek dit nou geniet om jou koerant te lees.
Ek is ook maar in die leerskool. Net dit oor al jou vrae: Hierdie is ‘n gesprek en my manier om mense te waarsku teen seerkry en nooit enige iemand te oordeel nie – self ‘n paar geraamtes sien. Maar, seks word orals misbruik – waarskynlik die minste in die huwelik. Ek het nie al die antwoorde oor homoseksualiteit en mans met meer as een vrou ens. nie. So ek gaan op die meeste van jou vrae sê: Doom weet ook nie heeltemal nie. Doom ken ten dele. Doom wil gesprek bevorder en is bereid om beïnvloed te word. (Die tieners met wie ek werk beïnvloed my die hele tyd.)
Ek het een antwoord en dit is dat ek weet dat daar eendag saam met my by die Here mense gaan wees wat met my saamstem en saam met my doen. Daar gaan sonder twyfel ook mense wees wat van my verskil en anders doen. Want sien in die evangelie van die liefde van ons Here Jesus Christus gaan dit nie oor hoeveel ek reggekry het en hoeveel ek verkeerd gekry het nie. Jesus het alles reggekry – ook vir ‘n dominee wat waag.
Groete en skryf gerus weer.
Jammer as ek nou uit my beurt uit praat, maar ek wou net ‘n ou stuiwertjie ingooi:
Ek kan heeltemal verstaan hoekom baie mense om pragmatiese redes seks tot die huwelik sou wou beperk, maar ek is nie heeltemal seker dat daar wel Bybelse gronde daarvoor is nie. “Egbreuk” in die Bybel behels dat mense wat ‘n eg afgele^ het (d.w.s mense wat trou aan mekaar belowe het) op daai belofte teruggaan. Dus, egskeiding. Ek weet egter nie of dit enigiets met voorhuwelikse seks of selfs buitehuwelikse seks te doen het nie. So vind ons byvoorbeeld dat Abraham en Jakob albei by slavinne slaap, ondanks die feit dat hulle met ander vroue getroud is, en vanuit daardie buitehuwelikse verhoudings spruit die die hele volk van Israel, ‘n groot seening. As Abraham egter vir Sara gelos het vir Hagar, sou dit seker egbreuk gewees het.
Ek moet byvoeg, self dink ek daar is baie plek vir sedelikheid en dat mense maniere moet uitdink om hul seksualiteit op ‘n verantwoordelike manier uit te lewe. Ek is egter onseker of die Bybel die beste gids daarvoor is. Ek vermoed die doel van die Bybel is eerder heilsgeskiedenis en sulke dinge, eerder as om vir mense in die 21ste eeu te se^ by wie hulle almal mag slaap.
Ek hoop nie my mening affronteer iemand nie. Dis maar net hoe ek die saak verstaan.
Goeie mening, ewenwel…
Wat sal n ouer man van al die bogenoemde preke en kommentare se.Van alles is daar elemente wat waar is.Die mooiste tussen 2 mense kan misbruik word,en kan ook die seerste maak.Wat van ongewensde swangerskappe,aborsies,en kinders wat groot word sonder die geborgenheid wat net in n “goeie”huwelik tussen 1 man en 1 vrou kan bestaan.Wat van gebroke huwelike agv overantwoordelike seksuele verhoudings,pyn aan die “onskuldige”eggenoot,en veral onskuldige kinders.Soms agv weerhouding,of afkrakende karaktermoord,is almal verbaas dat Koos gaan rondloop het.Die “onskuldige”was eintlik die skuldige,en dus vir Koos se rondloop verantwoordelik.
Wat se ons van oordraagbare en selfs dodelike siektes wat met onverantwoordelike optrede gepaard gaan?
Genealogie,van so 200 jaar gelede,toon dat meeste huwelike gou na die Boerematriek,(Aanneming as Kerklidmaat) plaasgevind het,en het dit dan op 17 na 19jaar ouderdom plaasgevind.Dit het darem die versoeking ‘wettiglik’akkommodeer.
Omdat mense sondig en onvolmaak is,is dit maklik om van enigiets n gemors te maak.Waar n ideale en wonderlike huweliksverhouding bestaan,is dit omdat beide partye hard daaraan werk,en bereid is om ook die minste te wees met baie Genade van Bo.
Jak.
Maggies, interessante gesprek, en daar mis ek dit amper!
Pienk Zuit: Gelukkig nou hier uitgekom. Welkom.
Goeiedag Attie. Ek voel en my opinie is dat seks is bedoel om gedeel te word tussen n man en n vrou wat werklik lief vir mekaar is en besluit het om dit te bevestig in die huwelik. Hierdie daad moet plaasvind in die huwelik anders gaan dit nie gepaard met die woord van God nie, want God gee en bevestig sy seen in so n verband eers wanneer n man en vrou in die huwelik getree het waar hy hulle een maak. Tieners wat net dink om seks te he terwyl hulle op hoerskool is, skep vir hulself n haglike toekoms wat die huwelik betref. Want die huwelik gaan in so n geval meestal gebaseer wees op seks en nie liefde nie wat aflei na welluste en dit lei na egskeidings wanneer beproewings en stryde op hulle pad kom.Ons moet ophou om die woord van God te lees net vir ons eie begeertes en gemaklikheid deur sommige skrifte te ignoreer en sommige in te neem. Alles wat in die bybel staan moet toegepas word op jou lewe as jy jouself n ware christen noem.
Morne: Ek waardeer jou mening. Ek verstaan egter dat ‘n weare Christen iemand is wat in Jesus glo. Wanneer ons so oor hierdie dinge dink dat begin ons allerhande nuwe vereistes formuleer waaraan iemand moet voldoen om ‘n ware Christen te wees. Die Christelike lewe is ‘n dankbaarheidslewe. Ek gehoorsaam nie om ‘n Christen te kan wees nie. Ek gehoorsaam omdat ek reeds ‘n Christen is en daarvoor is ek dankbaar.
“Alles in die Bybel” raak moeilik want daar is sonder twyfel sekere dinge wat nie meer geld nie – Bv. vrouens moet in die samekomaste van die gemeente niks sê nie.
Sonde bly sonde en God kan nie sonde verdra nie, so net en wel sal hy dit nie toelaat in sy koningkryk nie. Wanneer jy in Jesus glo dan glo jy in God ook en om hierdie rede sal jy ook afwyk van sonde. Ons as mens pleeg wel sondes omdat ons nog in die wereld is, maar dit word verwag van ons om elke dag vergifnis te vra vir ons sondes.
Elke persoon sal sy eie pakkie na die mark moet dra, so indien hy wil uitvind eers op oordeelsdag of dit sonde is of nie, is sy eie saak. Ek myself sal alles probeer vermy wat my uit die hemel sal hou want die hel is ook n werklikheid. Ek is ongetroud met geen kinders en het Jesus aan geneem n jaar en half gelede waar ek waarlik besef het dat ons nie kan speel en probeer slim wees wanneer dit kom by die woord van God nie. Die Here se dat die wat eerste is sal laaste wees en die wat laaste is sal eerste wees. Die bybel is nie moeilik om te verstaan nie Attie, veral wanneer jy God met jou hele hart lief het.Ek verstaan dan wat God vir my se deur sy heilige gees.
Morne: Ek dink jy maak verlossing afhanklik van so min sonde as moontlik. Ek dink verlossing is afhanklik van my geloof in Jesus se plaasvervangende sterwe aan die kruis. Uit genade is julle gered deur die geloof. Nie: Deur julle goeie werke en omdat julle so min sonde as moontlik gedoen het, is julle gered.
Wanneer is my so min sonde as moontlik genoeg?
Wanneer het ek genoeg sonde nie gedoen nie?
Ek wil dit graag sien dat nadat Jesus vir my sonde gesterf het is dit vir my onmoontlik om sonde te doen. Jesus het gesterf vir sonde wat ek gedoen het en vir sonde wat ek nog gaan doen. Noudat ek glo en Sy verlossing aanvaar het maak ek wel nog foute in my daaglikse lewe en voel ek nog skuldig deur die Heilige Gees wat my daarop wys. Maar God sien dit nie as sonde nie, Hy sien my net as vrygekoopte deur Jesus bloed.
Pietertjie: So mooi gesê: God sien my deur die oë van Jesus. Ons moenie verlossing met heiligmaking verwar nie. Kinders van God droom van die dag wanneer hulle geen sonde meer sal doen nie – nie sodat hulle verlos kan word nie, maar omdat hulle reeds deur die oorvloedige genade van God verlos is. Sy genade is vir my genoeg. Sy genade gee aan my die teenoorgestelde wat ek verdien. Sien bietjie my post oor genade.
Tel die 10 geboeie van God dan ook nie meer nie of het dit ook moeilik begin raak?
Morne: Jy is welkom om jou verlossing te probeer verdien deur die tien gebooie na te kom. Ek is verlos en daarom is gehoorsaamheid aan God ‘n uitdrukking van my liefde vir God wat my eerste liefgehad en ‘n uitdrukking van my dankbaarheid vir God wat my deur die kruisdood van Jesus Christus verlos het. Ek het nie ‘n probleem met gehoorsaamheid aan die wil van God nie, ek het ‘n probleem met die feit dat gehoorsaamheid van my ‘n Christen maak terwyl dit geloof in die afgehandelde werk van Jesus Christus is wat van my ‘n Christen maak.
Seks bly maar n gewilde onderwerp ne.
Tien geboeie is sonde tot die dood toe,. Attie se my waarna toe sal jou siel gaan as jy besig is om seks te het buite die huwelik en God kom op dieselfde oomblik op jou af om die te kom haal wat syne is. Waarmee gaan hy jou kom besig vind?
Morne:
Seks is nie die sonde teen die Heilige Gees nie. Daar is mos nou nie groot of klein sonde nie.
Die tien gebooie is sondes wat vergewe word deur die sterwe van Jesus Christus. Daar is net een sonde tot die dood (Met ander woorde sonde wat nie vergewe kan word nie) en dit is die sonde teen die Heilige Gees.
Sê nou die Here kom en jy is besig om een van die Vader se kinders vir wie sy Seun Jesus van Nasaret gesterf het, te veroordeel waarnatoe sal jou siel gaan?
Sou die Here Jesus weer kom terwyl ek (Wat Jesus as Verlosser ken en met my hele hart in Hom glo) besig is met seks buite die huwelik, sal my siel (As jy wie ek dan gaan wees so wil noem) saam met Hom gaan. Ek sal saam met Hom gaan en met Hom maaltyd vier. Want Hy het al my sonde vergewe – sondes van gister en vandag en tot in ewigheid. My skuld is betaal.
Die Nuwe Testament verkondig die boodskap van ‘n liefdevolle en genadige God. Dit is die boodskap wat ek verkondig. Snaaks, dat daardie boodskap meer mense wegdraai van sonde af as die boodskap van vrees vir die oordeel.
Sjoe! interessant….baie wat mens hieroor kan se! en ek dink hierdie onderwerp is iets waaroor mense nog vir baie jare gaan worstel.
Ek is maar nuut op hierdie blog, maar ek wil nou ‘n ding praat en ek gaan hom praat. Ek het ‘n probleem met sommige Christene. Ek kry soms die gevoel dat hulle opgehou het om sonde te doen omdat hulle bang was hulle gaan hel toe. Ek dog ‘n mens hou op sondig omdat jy die Here liefhet. Nou lyk dit vir my daardie “bang-vir-die-hel-Christene” is so kwaad oor hulle moes ophou sonde doen dat hulle nou revenge op almal wat doen wat hulle graag wil doen, maar nou nie kan doen nie omdat hulle hel toe sal gaan as hulle dit sou doen.
Morne laat my nou aan hierdie Christene dink. Hy maak nou soos die Fariseers wat die vrou wat met buite huwelikse seks betrap is voor Jesus gebring het en wou hoor dat Hy hulle toestemming gee om haar met klippe dood te gooi. Ons ken mos daardie gebeure. Nou sleep Morne al die buite-huwelikse-seks-mense aan hulle hare voor Jesus en saam met hulle almal wat enige een van die tien gebooie oortree. Hy wag nie vir die opdrag nie, hy sal seker maak dat Jesus nie een van hulle vergewe en nie een van hulle in die hemel by Hom toelaat nie.
Ek wonder… oorskat jy nie dalk bietjie jou “invloed” by Hom nie.
Hoe dit ookal sy… ek is skuldig aan meer as een van daardie tien gebooie…. bring die klippe. Gooi maar. Ek beroep my enkel en alleen op die genade van God.
1 Korinthiers 7:2 sê uitdruklik; Maar vanwee die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê. Apostel Paulus sê verder in verse 8-9;8 Maar vir die ongetroudes en weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek; 9 maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand. Wat het Paulus hiermee bedoel?
Morne: Ek dink nie jy verstaan nie. Ek stem met jou saam dat seks deur die Here bedoel is as iets wat binne die huwelik tussen een man en een vrou moet gebeur. Ek stem nie saam met die manier waarop jy seksuele sondeloosheid as ‘n voorvereiste maak vir verlossing nie. Lees asseblief weer my post voor jy kommentaar lewer.
Attie: Ek dink ek het my punt deur gebring en die woord bly Amen!!!! Dankie Dominee Attie vir die geleentheid wat u my gegun het om my opinie te lig oor seks voor die huwelik. Die Here het vir my kom verlos uit genade van baie sondes en hy het my geweldig kom seen van die dag af wat ek my bekeer het soos dit in Jesaja 59 verlang word van ons. En nou doen ek nie meer die sonde nie waarvan hy my verlos het omdat sy seun “Jesus” se bloed gevloei het vir my op die kruis. Ek was 3 jaar n jongman wat niks gehad het nie, niks werk, vriende, ware familie nie, maar die Here het my met n geweldige werk kom seen en besighede met ware vriende wat ek my eie broers en sisters kan noem. Ek het self ondervinding van voor-huwelikse seks toe ek in die wereld gewandel het, en het besef die dag toe ek my kniee buig voor die Here hoeveel seer het ek veroorsaak en sien ook daagliks my vriende wat egskeidings deur gegaan het deur dat hulle vir seks getrou het, onverwenste babas, HIV/AIDS, prositusie. Baie van hulle kom nou na my kantore toe vir hulp en al uitweg is die Here alhoewel ek n werk het wat gemeenskappe ontwikkel. Ek sit in gesprekke soos hierdie elke dag op alle vlaktes, Plaaslik, Provinsiaal, Nasionaal en Afrika Lande. Ek is ook op forums waar Kerkleiers bymekaar kom om te monitor die proses en besprekings. Ek sal maar nie meer na dit kommentaar lewer nie, want sommige mense wat miskien besig is met die daad soos ” Ek wonder maar net” struikel oor die wat die woord se. Gaan lees jou bybel om te verstaan wat die Here jou God van jou verlang om die ewige lewe te beerwe. Niks wat enige iemand se behalwe die Here sal my laat ongemaklik voel. So spreek aseblief deur die heilige Gees met my Attie!!!
Morne: Ek sê weer oor al hierdie dinge stem ek met jou 100% saam. My standpunt is sonder twyfel dieselfde as joune: Seks is deur God bedoel as iets tussen een man en een vrou binne die huwelik. Ek dink net ons verskil met die aanslag teenoor die persoon wat daarain vasgevang is. Ek pleit net vir ‘n meer sagte beandering wanneer hierdie stukkende en verwarde persoon by my in die spreekkamer beland. Ek weet goed waar die persoon moet uitkom, maar as die persoon nie self die keuse en die besluit maak nie, gaan dit altyd my keuse wees en nie syne nie. Die skade wat voor-huwelikse seks in besonder aan tieners doen, is onmeetbaar. Jy is welkom op die blog, maar die bediening gaan ook oor baie meer as net die uitwys van foute en sonde. Kyk gerus na ander inskrywings ook.
Insiggewend, sien dit nou eers 5 jaar later.
Attie ek waardeer jou insig in die volmaakte wet van die vryspraak wat daar is in Christus Jesus onse Here
Kleinpiet se pa het altyd gese hy glo definief nie in seks voor die huwelik nie- ten minste een van die partye moet getroud wees. Kleinpiet probeer maar net bietjie humor inbring. Baie goeie gesprek mense.