Die legende lei so:
Toe Julius Ceasar met sy Romeinse weermag op die kus van Brittanje geland, het hy ‘n waagstuk aangegaan om die sukses van sy weermag te verseker. Hy het sy manne opdrag gegee om tot by die randjie van die “Cliffs of Dover” te masjeer. Toe hulle daar kom, het hy vir hulle gesê om af te kyk. Onder hulle was dieselfde strande waar hulle kort te vore met hulle skepe geland het. Toe die manne afkyk was hulle verslae. Onder hulle was al die skepe waarmee hulle die kanaal oorgesteek het in ligte laaie. Besig om uit te brand. Ceasar het dit vir hulle onmoontlik gemaak om terug te gaan. Nou was daar vir hierdie soldate geen manier om terug te gaan na die kontinent waarvandaan hulle kom nie. Daar was net een moontlik – Vorentoe! Oorwinnend vorentoe. DIt het hulle gedoen.
As volgelinge van Jesus moet ons ook seker maak dat ons van tyd die “skepe” waarmee ons die kanale oorsteek verbrand sodat terugdraai nie meer ‘n moontlikheid is nie.
Kort en kragtig – pragtig!
Maar baie om oor te dink.
Dankie