VERLOS DEUR GELOOF – BEOORDEEL VOLGENS WERKE

Ek lees op Scot McKnight se blog ‘n inskrywing oor A Soterian Gospel. In die inskrywing maak Scot heirdie opmerking:

Here’s the thesis: No one in the Bible, when described in a judgment scene, is asked if they accepted, trust, or embraced the soterian gospel. In other words, “Did you accept Jesus into your heart consciously?” or “Did you walk the aisle to receive Christ?” or “Did you accept that Christ was your righteousness?” No one.

In fact, in every judgment scene in the Bible humans are judged not by a singular act of faith but by works. Every judgment scene indicates that, to use words I first heard from Howard Marshall years ago in a Tyndale House lecture, we may be saved by faith but we are judged by works.

‘n Verdere lees van die inskrywing laat mens besef dat dit veral gereformeerdes is wat moeilik byt aan hierdie stof. Ek preek Sondag oor 1 Korintiërs 9:23-27 waar Paulus in vers 27 afsluit met dié woorde:

“Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.”

My vraag bly steeds:

Hoekom is hierdie inspanning so belangrik?

Waarvoor sou Paulus dalk nie kwalifiseer nie?

Die teks het my onder andere by Scot se inskrywing gebring. Maar die gedagte is nie so eenvoudig as wat ons graag sou wou hê dit moet wees nie. Die saak waaroor ek wonder is die laaste oordeel.

Oor een ding het ek geen twyfel nie, en dit is dat ek deur geloof in die versoeningswerk van Jesus Christus aan die kruis verlos is. Ek weet dat ek by die laaste oordeel nie verdryf gaan word as iemand wat God nie geken het envir wie God nie geken het nie. Maar, watter rol gaan my lewe speel by die dag wanneer Jesus weer kom om te oordeel?

Neem nou maar net een teks:

“Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.” (1 Korintiërs 3:15)

Die prentjie wat hierdie teks skets is van ‘n verloste mens wat voor die regterstoel van Christus verskyn en die dinge wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het word beoordeel. Alhoewel die persoon nie die risiko loop om sy verlossing te verloor nie (… tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.) kan hy wel met min, of selfs met ‘n paar brandmerke, aan die ander kant uitstap.

VERLOS DEUR GELOOF – BEOORDEEL VOLGENS GOEIE WERKE

Hoe dink jy oor hierdie gedagtes?

 

2 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Scot McKnight

2 responses to “VERLOS DEUR GELOOF – BEOORDEEL VOLGENS WERKE

  1. An interesting contention and a good post. I think true soterian’s would be rather rare among those who think about their faith. We all “know” that works are important, and as soon as the topic comes up people admit that a true christian shows her faith by her works. I believe the real danger comes in banging out a soterian gospel from the pulpit, sending out the message that only a mental or verbal acknowledgement of “Jesus As Lord” is necessary. It inoculates with a weak, inactive form of Christianity.

  2. Prof Francois Malan het op ‘n dag vir my hierdie vers verklaar deur te sê dat dit ons verantwoordelikheid in die hiernamaals gaan bepaal. Wie getrou was in sy werke in die huidige lewe, gaan groter verantwoordelikheid mee toevertrou word in die hiernamaals. Nou-ja, of dit die waarheid is, kan ek nie sê nie, maar dit sou sekerlik ‘n manier wees om hierdie gedeelte te verklaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s