Scott Boren skryf in die week op sy blog die volgende:
“I have come to see how I am not the protagonist of God’s story. In fact, I am not even a main character. This does not diminish my importance or value in God’s eyes. It is simply a confession of the fact that God acts and initiates, and our part is simply a response to his initiation. But so often, we focus way too much upon our initiation and too little on what God does.”
In ons tienerbediening vertel ons hierdie jaar Die Verhaal besig. Die Verhaal van God wat op weg is met sy eie. In Die Verhaal was daar oor duisende jare baie karakters en baie gebeure wat by wyse van Verhale van die een geslag na die ander oorgedra is.
Die fokusteks vir ons gemeente vir die week wat voorlê is 2 Konings 5:1-14 oor Naäman wat van melaatsheid genees word.Hierdie teks sluit aan by die Die Verhaal, maar toe ek Scot Boren se woorde lees, het ek onmiddelik aan Naäman gedink.
Anru Liebenberg (Wat intussen ook sy eie blog begin het) sal vanoggend by die een bedieningspunt preek oor die gedeelte. Lees voort “DALK IS JY NIE DIE HOOFKARAKTER IN GOD SE VERHAAL NIE”