Twee Sondae terug is ons besig met ons laaste lied van aanbidding in ons lof en aanbidding deel van die erediens. Ek hoor eers ‘n kind (Ongeveer 2 jaar) wat rusteloos is en sien daarna hoe die pappa opstaan en met haar uitstap. Hy bly rustig en sy was ook redelik rustig.Ek kon ook nie agterkom dat die gebeure enige iemand in die gemeente gesteur het nie.
Net voor ek begin preek, maak ek toe die opmerking dat dit my as liturg sou omkrap as ek sien hoe ‘n kind by die kerk pakslae kry oor hy/sy nie stilsit en stilbly nie. Want, sê ek, dit is nie goed dat die kind die kerk assosieer met ‘n plek waar hy/sy pakslae kry wanneer sy nie daarin slaag om vir ‘n uur lank stil te sit nie. Ek sal so ‘n kind nie baie kwalik neem as hy/sy so negatief voel oor kerk dat hy/sy ophou kerk toe kom wanneer hulle self kan kies of besluit nie.
Ek verwag ‘n paar gaan dalk sê dat hulle pakslae by die kerk gekry het en tog steeds kerk toe gaan, maar dit bewys niks oor lyfstraf nie, maar wel baie oor die persoon wat die negatiewe belewenis te bowe kon kom en nie permanent sy/haar rug op die kerk gedraai het nie.
Maar ek wonder toe ook hoe voel ‘n kind wat sy/haar ouerhuis met lyfstraf assosieer.
Ek voel al baie lank dat lyfstraf sinloos is. Lees voort “LYFSTRAF IS SINLOOS”