IS DIE KERK SE OOG NOG OP DIE BAL?

Die kerk dwarsoor die wêreld beleef dinamiese tye. Verskillende groepe plaas op verskillende maniere klem op verskillende sake en elkeen van hulle maak aanspraak op die antwoord en dat hulle werkswyse God se voorkeur werkswyse sou wees.

Daar is bewegings wat my aandag trek en op ‘n besondere manier waarde toevoeg tot kerk-wees in die tyd waarin ons lewe. Ek dink byvoorbeeld aan iemand soos MIKE BREEN en VERGE NETWORK wat klem plaas op kerkplanting en dissipelskap. Daar is natuurlik ook die missionale beweging dwarsoor die wêreld wat fokus op die kerk se roeping teenoor mense in nood. REGGIE MCNEAL is iemand wat op ‘n besondere manier hieroor skryf. SOMA COMMUNITIES  plaas besondere klem op op die vorming dissipels.

Ongelukkig is dit ook so dat hierdie “voorkeur-metode” soms gepaard gaan met negatiwiteit en soms lelike kritiek  teenoor die wat dit anders doen en dan veral die tradisionele kerk waarvan ek self deel is. Lees voort “IS DIE KERK SE OOG NOG OP DIE BAL?”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑