GENADE ALLEEN – Sola Gratia!

Een van die klassieke werke wat elke Christen na my mening behoort te lees is “The Pilgrims Progress” geskryf deur John Bunyan. Ek verstom my net elke keer oor die besondere rykdom in hierdie werkie. As jy die boekie op die internet wil lees kan jy hier “click” en lees: “The Pilgrims Progress”

Vandag wil ek net een parragrafie uit hierdie boek aanhaal:

“By Laws and Ordinances you will not be saved, since you came not in by the Door. And as for this Coat that is on my back, it was given me by the Lord of the Place whither I go; and that, as you say, to cover my nakedness with. And I take it as a token of his kindness to me; for I had nothing but Rags before; and besides, thus I comfort myself as I go: Surely, think I, when I come to the Gate of the City, the Lord thereof will know me for good, since I have his Coat on my back! A Coat that he gave me freely in the day that he stript me of my Rags. I have moreover a Mark in my forehead, of which perhaps you have taken no notice, which one of my Lord’s most intimate Associates fixed there in the day that my Burden fell off my shoulders. I will tell you, moreover, that I had then given me a Roll sealed, to comfort me by reading, as I go on the Way; I was also bid to give it in at the Celestial Gate, in token of my certain going in after it; all which things I doubt you want, and want them, because you came not in at the Gate.”

Jesus Christus is die deur. Niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie.

Hy het my gestroop van my vuil klere en my en my klere silwer skoon gewas.

Ek het my swaar vrag by Hom afgelaai, want ek het Hom hoor sê sy las is lig en sy juk is sag.

Deur die doop is ek as die eiendom van God verseël.

Ek is ‘n reisiger op pad na my hemeltuiste – die Vaderhuis met die baie kamers.

Alles, alles is genade. Onverdiende guns alleen.

18 thoughts on “GENADE ALLEEN – Sola Gratia!

Add yours

  1. Môresê, Doom

    So ‘n bietjie laat vir ‘n regtige vroegdag kommetjie, maar ten minste het ding darem hier gehaal.

    Doom, ding ruik die reuk van vars grond, soos dit net kan ruik wanneer droogte in die grond se wurggreep gebreek word deur in gebed afgesmeekte genade-reën. En alhoewel een bui reën nie grond se dors na ‘n tyd van diep droogte les nie, breek daai reën wel die droogte. En dis genoeg.

    Want daai reën wys vir manman en die grond dat die Here se hand altyd laer is as wat enige manman kan wil val. Daai reën bring uitkoms uit die droogte uit. En dis genade.

    Ding sê hierdie selde hardop, want dis vir ding heilige grond, maar by aanskoue van die uitwerking van die reën, kan ding vandag nie anders nie: Die Here is groot; groot is die Here en Sy genade.

    Ding groet vir Doom. Wat ‘n voorreg om ‘n vriend soos jy te hê. Wat ‘n voorreg om ook in die reën te mag deel.

  2. Ding: My een dosent op Universiteit het eendag gesê: “Maak nie saak hoe ver en hoe hard jy val nie, jy val nie verder as die “concrete”-blad van God se genade nie.” Ek het dit neergeskryf en nooit vergeet nie, want ek val maar alte dikwels. Partykeer dink ek ek moet van daardie worstelings hier neerskryf want ek dink al te veel mense val hulle knieë nerf af op God se genade, maar verstaan dit nie so nie. “Ek sal opstaan en na my vader gaan.” is mos die woorde van daardie jongste seun wat sy eie hardekop gevolg het.
    Terloops: hoe lyk dit my die slaap-patrone begin so ‘n bietjie anders raak?? (hehehe)

  3. Ds Attie
    Mag ek ook maar hier kom kuier?
    Ek was baie lanklaas hier en weet nie of die onderwerp al aangeroer is nie. Ek sit al vir meer as ‘n maand met ‘n kol in my maag wat my laat wag vir iets, iets wat moet gebeur maar ek weet nie WAT nie?! Ek loop rond in vierkantige sirkels en alles wat ek voorheen met soveel oortuiging en gemak gedoen het, maak nou min sin. My uitreikings en opheffingswerk voel ek nie meer voor lus nie.
    Waaroor gaan dit? Is dit die wete dat ons onderhewig is aan ‘n leierskap wat nie ‘n duit omgee oor die afmaaing van onskuldige mense nie? Die stadige maar sekere verval van infrastrukture, waardes, die blatante verwerping van die 10 lewenswette in die OT?
    Doom, ek wag vir Hom, elke dag, ek hoor van LEEF, maar HOEKOM voel ek so magteloos? Ek het SO hard probeer om ander te help, nou voel ek self, waarvoor?
    Doom, waar staan ons as blanke Suid-Afrikaners in HIERDIE land van ons?

  4. Grace… daar is seker nie ‘n woord met ‘n groter en wyer of meer awesome betekenis in die hele wye wêreld nie!!
    En die Afrikaanse weergawe van Amazing Grace:
    ♪♫Genade onbeskryflik groot♪♫ – seker my mees favorite of all church songs (die lyrics) – ek doen mos al ‘n paar jaar lank funeral singing (ek weet ek het ‘n klap weg, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag) en baie mense (ook Afrikaners) versoek gereeld juis die engelse original – ek oortuig hulle gewoonlik om my toe te laat om die Afr weergawe te doen – dit is awesome!!!
    Kyk, as daar iemand is wat verstaan van genade, dan’s dit ek 😉
    Dankie vir die sweet sweet reminder!!

  5. Sammi: Jy is meer as welkom hier. Ek lees van jou moedeloosheid en dat mens wonder of die klein bietjie wat jy doen enigsins ‘n verskil maak en of enige iemand regtig omgee wat van ander word. Ek weet nie of daar ‘n maklike antwoord is nie. In my hart het ek die oortuiging dat ek hier is en dat ek moet doen wat my hand vind om te doen – omdat ek Hom liefhet. Waarvoor? – Omdat ek Hom liefhet en omdat ek ‘n vae vermoede het dat Hy dit sou gedoen het.
    BB: “Grace” is inderdaad ‘n woord met wonderlike diepte. Die Grieks is “charis”. Die Engelse praat soms van “unmerrited grace”. Baie maniere om te sê: Ek het reeds die teenoorgestelde gekry van wat ek verdien het.

  6. Doom, baie dankie vir jou antwoord.
    Ek hoor jou, maar my probleem is JUIS dat ek met ongeletterde mense werk. Die onvermoë om deur te dring na hulle is moeilik. Daar was al goeie resultate. Miskien moet ek maar liewer by iets wat makliker en meer positief is, betrokke word. Ek het juis gevoel dat Hy die deur destyds oopgemaak het sodat ek hul kon help om meer menswaardig te raak.
    Ek sien meer en meer die kwaad en vyandigheid in hul oë, dis op ons as blanke gerig omrede die propaganda van die leiers nie help nie, Ek sien dit want ek werk MET die werklike agtergeblewenis.
    Dis hoekom ek vra: wat vertel God jou oor ons rolle hier? Wat beteken hierdie holkol op my maag?

  7. Sammi: Ek kan jou nie regtig antwoord op die vraag oor ons rol hier nie. Ek dink die Here het ‘n doel en ‘n plan met gelowiges ongeag hulle bevolkingsgroep. Ek sou oneerlik wees as ek sê dat hier nie dinge gebeur wat my ook bekommerd maak nie, maar daar gebeur ook positiewe dinge wat ‘n mens weer hoop gee. Ek dink natuurlik jy is tot een van die moeilikste werkplekke geroep as jy sê dat jy onder werklike agtergeblewenes werk. Skep moed! Ek het al beleef dat mens eers na baie jare resultate begin sien – soms eers in ‘n volgende geslag.

  8. Dankie Doom, ek het geweet jy sou kon help en jy het. Baie dankie vir die eerlikheid en ook dat ek nou weer voel dat alhoewel dit nie maklik is nie GAAN dit nie verniet wees nie. Vir hulle. My passie lê nou maar eenmaal met die mense wat swaarkry, die met die agterdog oor intensies. Ons almal is maar seker geroepe waartoe ons in staat is. Dit gee my ook hoop as ek sien selfs jy sukkel met tye.

  9. Sammi: Ek het ‘n keuse gemaak om deursigtig te wees en nie ‘n indruk van volmaaktheid te skep nie. Maar, moenie ‘n fout maak nie, ek smag na volmaaktheid. Ek raak ook maar moedeloos met myself.
    My gevoel is mens gaan agter jou passie aan en nie agter resultate aan nie. Daardie “iets” wat ons passie noem is heel waarskynlik die vuur van die Heilige Gees (Onthou jy die tonge van vuur op Pinksterdag) wat in ons brand. Mens sou kon wegstap maar jy sal nie tot rus kom totdat jy jou passie leef nie. Passie brand hoër as wat moedeloosheid en frustrasie en mislukking kan blus.
    Eish, hoe preek ek nou vir myself!

  10. Doom, jy’s heeltemal reg. Daardie smag na volmaaktheid, daardie ingebore worsteling teen wat innie-gesig verkeerd is. Die vuur wat brand kry partykeer ‘n dwarsklap en word ‘n vlammetjie, maar dis nog daar. Ag Here, gee ons krag, dat daardie vlammetjie weer ‘n vuur word!
    Dankie, Doom, vandag voel ek nie so alleen nie. Ek kan nie wegstap nie.

  11. JOB … eh, dis mos ding se gunsteling daai!

    Sammi
    Die woorde van onse Doom hier is nogals werd om te onthou, jongie. Daai nommer dat manman die pad van sy passie volg en nie die van resultate nie; dat manman sy rug kan draai op passie, maar met daai draaislag ook sy rug op sy rus draai – daai is die woorde van ‘n wyse man.
    Sammi, passie is intens. Intensiteit is uitputtend. Uitputting vra rus. Rus roep krag. Krag soek lewe. Lewe skenk geboorte aan passie. Selfs die warmste, grootste, knetterende vuur brand in ‘n siklus – die kuns om ‘n vuur aan die gang te hou, is om te weet wanneer om die vuur te voed, en wanneer om die vuur te laat brand. Gooi te vinnig te veel hout op, of los die vuur te lank sonder nog hout en vuur word vlam, maar selfs dan verg dit net meer aandag en vaardigheid om die vlamme weer vuur te laat word. Jy weet jy is geroep om te doen wat jy doen. Wees getrou aan die Roepstem binne-in jou.
    Sterkte

  12. Ding: Veni Creator Spiritus! – “Kom O Skepper Gees” Kom maak die vuur in ons weer ‘n vuur en nie net ‘n vlammetjie nie. Ek gaan hierdie woorde van jou oor passie nog ‘n rukkie mooi bekyk.
    14.ding –> Snaakse dinge gebeur.

  13. Dankie vir jou, Sammi.

    Doom @ #14 en #15: hehe… ja-nee, Doom die seisoene verander ook; laat mos maar annerste goete gebeur 😳

    Doom
    Ding sien ding het weer vreeeeslik gegorrel in sirkels en kringe oor passie, maar ja, ding sal verstaan as Doom nog moet sif deur al die kaf. Hopelik kry Doom darem ‘n koringkorrel ook tussen al die kaf.

  14. Ding: Goeie more. Ek het nie gedink dit is ‘n gegorrel nie en nou lyk dit my dit het sammie ook nogal gehelp. EK gaan nou vir my vroutjie koffie in die bed neem en haar saggies wakkeer maak. Vandag is vir ons ‘n werkdag. Ek preek 08:00 en 10:00 en dan weer vanaand vir die tieners ook. Ek sal vandag bietjie bid vir die boere wat oes in die grond het dat die Here se besondere seën sal wees om die beroep wat so anders in afhanklikheid van Hom leef.
    Woordgroete
    Attie

Lewer kommentaar op Sammi Kanselleer antwoord

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑