HUISKERKLEIERS IN CHINA GLO MEER, ERGER VERVOLG

Neels Jackson skryf in vanoggend se Beeld ‘n berig oor die huiskerke in China. China is die land wat hierdie jaar die Olimpiese Spele aanbied. Ek herhaal graag die volledige berig hier:

“Ons wil graag die Olimpiese Spele hê, maar nog meer wil ons liefde en geregtigheid hê.”

Onder die opskrif pleit ‘n Chinese huiskerkleier, Zhang Mingxuan, in ‘n ope brief op die webwerf http://www.chinaaid.org dat Christene in die res van die wêreld vir hulle vervolgde broers en susters in China bid.

Zhang skryf ondanks die Chinese regering se uitsprake oor godsdiensvryheid, word hy en ander Christene gereeld op grond van hul geloof vervolg.

In ‘n ander berig op dieselfde webwerf word berig dat 21 leiers van huiskerke vandeesweek in die stad Linyi in die provinsie Shandong deur ‘n kommissie “vir heropvoeding deur werk” na ‘n strafkamp gestuur is.

Die 21 is in Desember saam met 249 ander leiers in hegtenis geneem terwyl hulle met leierskapsopleiding besig was.

Die president van die Binne-Mongoolse tak van die Chinese Huiskerkbond en 40 medewerkers is ook vandeesweek in aanhouding geplaas terwyl hulle met Bybesltudie besig was.

In die berig hieroor word aangevoer dat die vervolging van huiskerke vererger namate die Olimpiese Spele in Beijing nader kom.

In sy brief vra Zhang dat gelowiges moet bid vir China, vir die sukses van die Olimpiese Spele en vir ware godsdiensvryheid in die land.”

Navolgenswaardig dat hierdie man besef dat die vervolging erger gaan word namate die Olimpiese Spele nader kom, maar tog vra dat ons sal bid vir die land en en vir die sukses van die Olimpiese Spele en ook vir godsdiensvryheid. Ek wonder of dit ‘n goeie voorbeeld van patriotisme is?

Die eintlike rede waarom ek hierdie berig hier herhaal, is dat wanneer jy hier lees jy in jy sal dink aan hierdie oproep tot gebed en net vinnig saam sal bid vir China, die sukses van die Olimpiese Spele en vir godsdiensvryheid in China.

4 thoughts on “HUISKERKLEIERS IN CHINA GLO MEER, ERGER VERVOLG

Add yours

  1. Goeiemôre, Doom

    Sit ding en wonder: wat is die invloed van godsdiensvryheid op die gemiddelde Christen in SA se geloof?

    Sien, ding wonder maar of moeilike omstandighede dit op ‘n manier “makliker” maak of moeiliker. Is maar net so, bv. wanneer dit met ding voor die wind gaan, moet ding homself dissiplineer om nie grootkop te kry nie. Verstaan mooi, ja, ding weet presies dat alle voorspoed suiwer genade is en ding bedank die Here vir elke bietjie voorspoed. Is net: ding weet sy geloof loop soveel suiwerder; soveel sterker juis in die tye dat ding swaarkry. Ander dae weer, is dit net soveel makliker om te “glo” wanneer die lewe nie sy hobbelkant vir ding draai nie.

    Nou wonder ding maar net: hoeveel mense sal werklik nog kans sien om ‘n Christenlewe te lei, sou dit hier gaan soos in China?

    Dankie vir die gebed vir die boere se oes, Doom. Dit is so bedagsaam – manman het dit nodig. Sonder God se genade kan ding maar die plaas in die mark sit.

    Grondgroete
    ding

  2. Hi ding: Vanmore was dit my beurt om die inslaap ding te doen. Die naweek het sy tol geëis. Nie eers rugbywedstryd gekyk nie, net die hele naweek gewerk. Die kerk in China (verneem ek) is die vinnigste groeiende kerk in die wêreld. Daar is ongelukkig iets daarvan waar dat die kerk in verdrukking die kerk is wat groei. Ek wonder of dit dalk daarmee te maak het dat waar daar vervolging is, is gelowiges baie meer toegewyd as in die lande waar daar nie vervolging is nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: