Kerklike leierskap is uniek.
Een van die dinge wat leierskap in die kerk uniek maak, is die feit dat ons met vrywilligers werk. In hierdie opsig moet ‘n mens eintlik ook sê dat kerklike leierskap in Suid Afrika anders is as veral die VSA. Die meeste van die literatuur wat ons oor leierskap lees is van die kerk omgewing in die VSA afkomstig.
Een van die groot verskil tussen die gemiddelde kerk in Suid Afrika en die gemeentes in die VSA is die werksmag. Kerke in die VSA werk as ‘n reël met ‘n baie groter korps van betaalde amptenaar as kerke of gemeentes in Suid Afrika. Nou praat ek nie van groot en makro gemeentes nie, ek verwys na deursnee gemeentes wat finansieel dikwels moet sukkel om te oorleef en dus nie met baie betaalde personeel kan werk nie.
Ek weet byvoorbeeld van ‘n gemeente wat die dominee die enigste betaalde amptenaar is is. Hy moet deur fondsinsamelingsprojekte wat hy self loods jaarliks sy eie salaris genereer.
Groot kerke soos die NG Kerk Moreletapark en ander makro gemeentes het wel ‘n groot personeelkorps. Die probleem met leierskapsboeke en lesings en seminare is dat die deursnee dominee in ‘n een of twee man gemeente word soms oordonder word met skuldgevoelens wanneer hulle nie die voorbeeld van “suksesvolle leiers” in die VSA en groot en makro gemeentes in Suid Afrika kan volg en dieselfde resultate behaal nie.
Natuurlik is reslutate ‘n brandpunt. Hoe meet mesn nou resulate? Ek self het nog geen leierskaplesing of seminaar bygewoon waar iemand nie sê dat dit nie oor getalle gaan nie. Tog wanneer ‘n spreker die resultate van sy leierskap by wyse van getalle noem, snak almal in verwondering na hulle asem. Sommige van die leiers verkies wel om nie oor hulle “getalle-sukses” te praat nie, maar wie gaan nou na ‘n persoon luister wat nie op een of ander wyse kan wys dat sy leierskap vrugte afwerp nie.
Die titel van n boek geskryf deur Max de Pree (Nie Suid Afrika se Max du Preez nie) verwoord die situasie mooi. Die titel van die boek is: “Leading Without Power: Finding Hope in Serving Community.”
Die titel skep reeds by mens die gevoel dat dit in hierdie boek nie gaan oor een of ander mag wat die leiers ou hê nie. Dit gaan oor leiers wat “sonder mag” wat gekoppel is aan status, posisie, titel of vorige suksesse daarin slaag om saam met mense op reis te gaan.
Ek dink ons vergeet soms dat ons met vrwyilligers werk. Van die mense met wie ons werk sien dit wel as hulle roeping om die Here op hierdie wyse te dien en daarom is hulle deel van die “werkers-korps” van ‘n gemeente. Hy skryf:
“Leadership among volunteers is rather dependant in beautiful ways on shared values and commitment, on understood visions expressed in workable mission statement and on moral purpose.”
In hierdie opsig is kerke in Suid-Afrika organisatories en met betrekking tot leierskap baie nader aan nie-regerings-organisasies. Die kerk is egter nie net orginasatories nader nie, maar ook met betrekking tot die missie van die kerk – dit wat die kerk deur God getaak is om te doen – nader aan nie-regerings-organisasies.
De Pree raak ‘n belangrike punt aan. Indirek vra hy die vraag: Waarom word mense deel van nie-regerings-organisasies? Hy skryf so:
“The more I consider human potential and its intricacies, the more I believe that not-for-profit organizations are increasingly where people turn to fulfill themselves.”
Mense meld as vrwylligers aan omdat hulle ‘n behoefte daaraan het om hulleself te verwesenlik en hulle volle potensiaal te verwesenlik. Die titel van die boek wil die indruk skep dat ons saam met mense op reis is wat wat hoop om hulle dienswerk nie net hoop te briong nie, maar ook hoop te vind.
Sou dit nie wonderlik wees as gemeentes die lidmate wat betrokke raak kan begelei om hulle volle potensiaal te verwesenlik en lewensvervulling te beleef nie?
Sou dit nie wonderlik wees as ons kan begin fokus om leiers daar te stel wat met mense op weg gaan wat hoop om hoop te vind deur hoop te bring.
Attie,hierdie is vir my n baie insiggewende skrywe.Jy vra hierbo hoe meet n mens nou resultate.Ek weet om enige syfers te noem kan gevaarlik wees en is gewoonlik nie n getroue weergawe van resultate nie.Of dit nou n Regering of Nie- Regerings-organisasie is,permanente personeel of vrywilligers,kan die basiese leierskapsbeginsels geld om reultate te bepaal,naamlik,
1)Beplanninig:Wat en hoe gaan ek dit doen.
2)Besluitneming:Jy prioritiseer presies wat jy gaan doen.
3)Organisering:Dit wat jy besluit het,organiseer jy in werkbare eenhede.
4)Kontrolering:Jy bepaal of die werkbare eenhede uitwerk en die moeite werd is.
5)Beheermaarreels:Indien iets nie uitwerk nie of niks uitwerk nie.
Kreatiewe denke speel natuurlik n belangrike rol om doelwitte te bereik en resultate te verkry.Ek stem saam dat dit moeiliker is om met vrywilligers te werk omdat hulle redelik kan rondbeweeg.Ek dink nog steeds dat indien ‘n mens erkenning op die regte wyse toepas, jy baie goeie resultate behoort te kry.
Groetnis.