OMSLUIT VAN ALLE KANTE

In ons Bybelleesprogram lees ons vandag Psalm 139. Hierdie Pslam is waarskynlik geskryf deur ‘n man of ‘n vrou wat weet dat God die Verlosser God is omdat Hy die volk Israel onlangs uit Ballingskap teruggebring het en hulle weer in Sion gevestig het. Hoe beleef hierdie man of vrou vir God in hierdie omstandighede.

1. Die Here ken my soos geen mens my ooit sal kan ken nie. “Here U sien dwarsdeur my, U ken my.” (Psalm 139:1) Hierdie “ken” is die mees intieme kennis denkbaar. Onvergelykbaar met enige kennis wat enige mens van iemand anders sou kon hê. God ken my diepste menswees. Dit is kennis wat ‘n mens blootgestel voor God laat. Die wonderlike van hierdie kennis is dat dit nie bedoel is om vrees in te boesem by die persoon wat so deur God geken word nie. Dit is eerder ‘n stil belydenis wat sê: U ken my, en ten spyte daarvan is U steeds lief vir my.

2. Die Here ken selfs my gedagtes voordat hulle dy my opkom. “U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.” (Psalm 139:2) Saam met die vorige gedagte dat God dwarsdeur my kan sien, gaan dit hier oor die gedagte dat die Here my diepste motiewe ken, die Here weet watter effek my gedagtes op my en op ander mense gaan hê. Daarom is dit deel van die oproep uit die Bybel dat ons elke gedagte gevange moet neem in gehoorsaamheid aan Christus. Hierdie kennis van my gedagtes maak nie dat ek nooit dinge dink wat ek nie behoort te dink nie. Dalk moet ons maar net verstaan: Ek kan nie my gedagtes en my motiewe vir God wegsteek nie. Mense kan my motiewe bevraagteken, en soms het hulle rede om dit te doen. Op die ou end weet ek en die Here wat ek gedink het en waarom ek dit gedink het en/of gedoen het.

3. Op dieselfde manier is God by wanneer ek elke woord sê. “Daar is nog nie ‘n woord op my tong nie, of U, Here weet wat dit gaan wees.” (Psalm 139:4) So deursigtig soos glas leef ek voor die Here met die implikasie dat ek nie kan wegkruip agter my gedagtes en my motiewe kan wegsteek nie, en daardie gedagtes en motiewe is die meeste van die kere die oorsprong van my woorde. God ken my, Hy weet wat ek gaan sê nog voordat ek dit sê.

Dalk is die woorde in die Psalm die manier om dit te verwoord: “U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Diè wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.” (Psalm 139:5-6)

11 thoughts on “OMSLUIT VAN ALLE KANTE

Add yours

  1. Attie skryf: “1. Die Here ken my soos geen mens my ooit sal kan ken nie”

    Hoe weet jy dit?

    Attie skryf: “Die Here ken selfs my gedagtes voordat hulle dy my opkom.”

    Hoe weet jy dit?

    Attie skryf: “Op dieselfde manier is God by wanneer ek elke woord sê.”

    Hoe weet jy dit?

  2. Liewe Attie, kan jy assblief vir my die kloutjie by die oor bring.

    As God jou gedagtes weet, nog voordat jy daarvan weet, wie se skuld is dit dan as jy verkeerde gedagtes het?
    As God gedagtes weet, nog voordat jy daarvan weet, hoe kan jy deur verkeerde gedagtes sonde pleeg?
    As God gedagtes weet, nog voordat jy dit weet, wat is die sin daarin om te bid? God weet dan mos al klaar wat jy gaan bid?

    Ek hou nogal van die feit dat jy die gedagte koester dat dit miskien ‘n vrou was wat die psalm kon neergepen het.
    Die ongeluk is dat daar geen bewyse bestaan dat enige vrou in daardie tyd kon skryf, of toegelaat is om te skryf nie.

    Ek meen nou maar, as die skrywers van die bybel nie so chauvinisties was nie, en bietjie wou wegbreek van die bestaande kultuur van daardie tyd, kon hulle darem ten minste een van die Israelitiese stamme ‘n vrouenaam gegee het.
    Of hoe?

  3. Renier, ek wil nie snaaks wees nie – maar jy moet dit regtig nie so maklik vir Attie maak nie.
    Jy moet oplet wat jy lees mens.
    Op al drie van jou vrae is die antwoord Ps 139.
    Dit staan duidelik so daar geskrywe.

    Of verwag jy dat Attie moet twyfel oor wat daar in die Bybel staan?

  4. Paula.
    Wat ‘n wonderlike wete dat God my omrou!

    Annette: Soms bring ‘n freudiaanse glips die waarheid uit.
    Oeps, skuus, dit was God se gedagte wat tot uiting gekom het.

    Wat maak sommige mense so haastig om te kan getuig?
    Hierdie opgewonde haastigheid nuwe mode is alles Jannie Pelser se skuld.
    :))

  5. Annette en Renier: Julle het nie nodig om my blog te lees nie. As julle nie saamstem met wat hier gesê word nie. Moenie hier kom lees nie. Ek sal ook nie julle “blogs” kom lees nie. As julle bepaalde standpunte wil verkondig gaan doen dit op ‘n ander plek.

  6. Doom, dis nou net jammer ons kan nie sien waar hulle blogs is nie!

    Hou aan met u goeie werk om ons bewus te maak van alles!!

  7. EK is al vir baie lank met hierdie Psalm besig. Ek het ook geworstel (en worstel in ‘n sekere sin nog steeds) met die gedagte dat God my gedagtes ken voordat hulle by my opkom, en my woorde ken voordat ek hulle uitspreek. Ek lees tans ‘n boek deur Hasker oor God se oorwinning oor die Bose. Daarin beklemtoon hy die gedagte dat God ons met ‘n vrye wil geskape het. Ek het ‘n keuse oor wat ek gaan sê, en wat ek dink. Ek kan nie God daarvoor verantwoordelik hou nie. Almal van ons weet dat ons dikwels ‘n keuse het oor wat ons moontlik in ‘n bepaalde situasie gaan sê – ek kies dan wat ek gaan sê.

  8. Mooieste en waarste Psalm vir my. God weet alles nog voor my bestaan en voor ek aan iets dink. As onvolmaakte mens is my gedagtes nie altyd Sy gedagtes nie maar hoe meer ek soos Hy word raak Sy gedagtes my gedagtes. M.W. Smith se weergawe laat my altyd in trane.

  9. Nee Anette, dit is nie Jannie Pelser se skuld nie – Dit is Jesus se “skuld” Hy laat dit borrel in my dat ek nie KAN stil bly nie. Ek hoef ook nie stil te bly nie. “Wie sal my stem kan stil maak?” Dankie Jesus!!

  10. Ek dink God se “Interface” met ‘n mens is in ‘n mens se gedagtes. Dis waar God se Gees jou gees ontmoet. Of dan waar Hy inspraak in jou hart het.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: