Ek het in my lewe ‘n keuse gemaak om in God drie-enig te glo. Ek het in my lewe ‘n keuse gemaak om die Bybel as die Woord van God te aanvaar. Ek het ook ‘n keuse gemaak om die Bybel in die lig van sy ontstaans-konteks (Tyd waarin die Woord geskryf is) en in die lig van sy leef-konteks (Tyd waar ons vandag lewe) te lees en te probeer verstaan.
Hierdie geloof is vir my waardevol en kosbaar. As ek volgens sommige mense kies om myself te mislei, dan is dit my saak en het dit in effek niemand anders se goedkeuring of toestemming nodig om dit te doen nie. Ek is onder geen verpligting om my geloof te regverdig teenoor enige iemand nie.
As enige iemand nie hou van dit wat hier aangaan nie, hou verby.
Die laaste strooi was waarskynlik die uiters ongevraagde kritiek op die manier waarop ons probeer om ‘n helpende hand in hierdie stukkende land van ons te wees, en die poging om ‘n groep Graad 6 dogters verantwoordelik te hou vir iets wat hulle op hierdie stadium voel hulle behoort te doen. Die implikasie was baie duidelik dat sou sy dit nie oor ‘n jaar nog doen en selfs beter doen nie, dan sou daar ‘n vraag gevra… waaroor weet ek nie.
Daarmee saam om skielik allerhande misleiding in te lees in ‘n foto wat ek van die internet gebruik het, wys duidelik waaroor dit gaan. Ek sal sulke mense nooit kan oortuig nie. Daar is ander wat wel bereid om te luister.
Ons prioriteit is nie om ons geloof te verdedig nie, maar om die evangelie as onvolmaakte mense wat nie alles weet nie, te leef. Op ‘n dikwels gebrekkige manier doen ons dit. Baie keer slaag ons nie. Baie kere slaag ons. Ons sal aanhou probeer.
Daar is mense wat met my saamstem. Daar is ook mense wat nie met alles saamstem nie, maar tog met wedersydse respek deelneem en nie die heeltyd almal wat hier deelneem op die verdediging wil plaas nie. Dit is die maklikste ding onder die son om vrae teĀ vra, waarop (ek)ons nie antwoorde het nie. Tog sal (ek)ons bly glo, want dit is ons keuse.
Neem deel aan die gesprek, maar ek het ook die keuse om jou deelname aan die gesprek te stop.