Soms kan ‘n mens baie leer by die Joodse Rabbis. Een so ‘n storie kom van Rabbi Levi Yitzhak van Berdichev in die Ukraïne. Hy het erken dat hy die waarde van liefde by ‘n dronkie leer ken het. Die Rabbi het by geleentheid ‘n kantien in die Poolse platteland besoek. Toe hy by die kantien instap het hy dadelik twee manne, Ivan en Peter, gesien wat duidelik reeds naby aan hulle genoeg gedrink gehad het. Met hulle arms om mekaar se skouers het hulle probeer uitvind wie die ander een nou eintlik meer liefhet as die ander een.
Skielik het Ivan vir sy vriend gesê: “Peter, vertel my bietjie wat maak my die seerste?” Skoon verbaas het Peter agteroor gesit en met ‘n sleeptong gesê: “Hoe sal ek weet wat maak jou die seerste?” Ivan se reaksie het die Rabbi die ware betekenis van liefde geleer: “Peter,” het Ivam gesê, “as jy nie weet wat my seermaak nie, hoe kan jy sê dat jy my liefhet?” Lees voort “WETTISIME vs LIEFDE”