Die twee grootste godsdiens-groepe in die wêreld is die Christene (2.1 Biljoen – 33%) en Islam (1.5 Biljoen – 21%). Die nie-godsdienstiges is die derde grootste groep (1.1 Biljoen – 16%). Die Jode is ‘n baie kleiner groep (14 Miljoen -0.22%) Die drie godsdienste (Christene; Islam en Jode) het al drie hulle oorsprong in Abraham, terwyl ‘n mens kan sê dat beide die Christene en Islam uitvloeisels is van die Joodse Godsdiens. Tesame vorm die drie ongeveer 54% van die wêrelds se bevolking. (Ek probeer nie ‘n getalle oorwig redenasie opbou nie.)
In sy boek “Finding our Way Again” skryf Brian McClaren: “And of course they wield an influence that affects 100 percent of the planet’s six plus billion living human beings, not to mention the uncounted trillions of human beings who will someday exist unless aggresive and suicidal elements in these three religions drive us to extinction. Lees voort “IN TRANSITO”