“All the diagnostic experts keep pointing backward to the era of… the 60’s and 70’s as the fatal hour when everything started going to hell.” (Howe and Strauss, 13th Gen)
In gesprekke met jongmense onder 30 jaar is dit duidelik dat hulle bereid is om te luister en dat hulle selfs met tye verstaan hoekom ander oor Christenskap dink soos hulle dink en voel soos hulle voel. Maar, daar is ook dikwels die opmerking, dat hulle nie dink dat Christenskap vir hulle is nie.
Die fout word dikwels in die boodskap gesoek in die sin dat die boodskap as “ongeloofwaardig” bestempel word. Ek wonder of dit nie dalk meer te make het met die boodskapper nie. Die boodskap kan nie langer losgemaak word van die boodskapper nie. Lees voort “SINIES EN AFGESTOMP”