DIE BYBEL – DIE BOEK

Ek kry gereeld e-kerk se nuusbrief wat nogal interessante beriggies ens. in het. Hulle het ook hulle eie webblad waar nog meer artikels gelees kan word. Hierdie berig was vir my interessant en ek plaas dit met die toestemming van e-kerk.

Het jy al ‘n Filistyn of ‘n Moabiet of ‘n Amalekiet gesien? Hulle was almal omtrent so groot soos Israel, maar hulle het verdwyn. Wat onderskei Israel van hierdie ander nasies? Dit was nie mag nie – Israel was meestal beset deur vreemde volke; dit was nie rykdom nie; dit was nie grootte nie. Wat het Israel gehad? ‘n Boek – eintlik boekrolle. Hierdie Boek het vir hulle gesê dat daar net een God is – Hy het alles geskep en Hy sal alle dinge weer regstel. Hierdie boek sê dat die geskiedenis van Israel ‘n verhaal is – God se verhaal – met ‘n begin, ‘n krisis en eendag ‘n klimaks. Geen wonder hulle staan bekend as die “mense van die boek” nie. Om die kinders aangaande hierdie boek te leer, was die ouers se belangrikste taak; om hierdie boek aan ander te leer (om ‘n rabbi te wees) was hulle grootste ambisie.

Menslik gesproke kon hulle net hierdie Boek aanbied. Lees voort “DIE BYBEL – DIE BOEK”

THE FATAL FAILURES OF RELIGION

George Maru het nog altyd op ‘n besondere manier aan die gesprekke op my “blog” deelgeneem.George het verlede week hierdie kommentaar gelewer op Lidmaat se kommentaar op een van my inskrywings:

Betreffende jou opmerking oor die Bergpredikasie, spesifiek hierdie opmerking: “Die ouens op George se blad wys egter ook niks van iets soortgelyks nie, maar hulle verwag van ander om dit te doen.” Ek verskil nie noodwendig van jou dat dit so is nie. Ek dink wel dat ons (hetsy gelowig of nie) ‘n verantwoordelikheid het om dit uit te leef wat ons verkondig en/of glo. Lees voort “THE FATAL FAILURES OF RELIGION”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑