EK het onlangs die storie gelees van die klein dogtertjie wat by haar oupa en ouma op die plaas gaan kuier het. Haar oupa en ouma was baie streng daaroor dat Sondag die dag van die Here is en dus ook heilig. Hulle was daarvan oortuig dat dit ‘n dag van stilte behoort te wees, waar ‘n mens nie hardloop nie en dat die Bybel die enigste boek is wat gelees mag word. Die klein dogtertjie mag nie op die swaai gespeel het en mag ook nie blomme in die veld gaan pluk nie en mag ook nie rondgehardloop het nie.
Terwyl oupa sy middagslapie geneem het, het sy toestemming gekry om tot by die hek van die plaas te loop – sy mag net nie te vinnig loop nie. Op pad hek toe loop sy by die muil se kamp verby. Die muil staan langs die draad met sy kop omlaag en sy oë toe. Sy het haar handjie deur die draad gesteek, aan die muil gevat en gesê: “Siestog, het muile ook godsdiens?” Lees voort “THE FATAL FAILURES OF RELIGION (II)”