Ek lees op hierdie stadium John Burke se boek: “No Perfect People Allowed”. Dit wil voorkom asof die boek nie in Suid Afrika beskikbaar is nie. John Burke is predikant van ‘n gemeente wat hoofsaaklik bestaan uit die geslag wat hy “post-modern” en “post- Christian” noem.
John Burke het sy bediening begin as ‘n studente leraar maar wou na sewe jaar die handdoek ingooi. Einde laaste het hy by hierdie punt gekom: ” I now believe that that only a church full of imperfect people, acting as his Body, can bring hope and healing needed to change our post-modern world for the better – one life at a time.”
Burke wys veral daarop dat die modernistiese (Later noem hy dit pragmatisme) manier waarop kerk tot nou toe gedoen is, eerder die einde van die kerk beteken as wat dit die voortbestaan daarvan sal verseker. Lees voort “GEEN VOLMAAKTE MENSE NIE ASEBLIEF!”