Ons gemeente is nou vir ongeveer vier jaar betrokke by ‘n “shelter” hier in ons omgewing. Die “shelter” huisves tans tien weeskinders. Hulle sou op hierdie stadium elf gewees het as een van die gesinne in ons gemeente nie een van die kinders vier jaar terug in hulle huis ingeneem het en hom sedertdien as hulle eie kind grootmaak nie. Die meerderheid van hierdie weeskinders is babatjies. Sommige van hulle is HIV positief; Sommige van hulle is in badkamers gekry waar die ma’s hulle by geboorte gelos omdat hulle nie die kinders wou gehad het nie. Ten minste een is in die veld opgetel – ook deur sy ma gelos om te sterf.
Gister is die tien babatjies in ons gemeente gedoop. Lees voort “CHRISTENE KAN ‘N VERSKIL MAAK”