George Maru het nog altyd op ‘n besondere manier aan die gesprekke op my “blog” deelgeneem.George het verlede week hierdie kommentaar gelewer op Lidmaat se kommentaar op een van my inskrywings:
Betreffende jou opmerking oor die Bergpredikasie, spesifiek hierdie opmerking: “Die ouens op George se blad wys egter ook niks van iets soortgelyks nie, maar hulle verwag van ander om dit te doen.” Ek verskil nie noodwendig van jou dat dit so is nie. Ek dink wel dat ons (hetsy gelowig of nie) ‘n verantwoordelikheid het om dit uit te leef wat ons verkondig en/of glo. Lees voort “THE FATAL FAILURES OF RELIGION”