In die tienerbediening in ons gemeente hanteer ons DIE VERHAAL as ons tema vir die jaar.Ons gaan deur die loop van die jaar verskillende belangrike verhale uit die Bybel vir mekaar vertel en so die groter prentjie van DIE VERHAAL kry sodat ons kan verstaan waarmee God besig is, maar ook sodat elkeen van ons ons plek in DIE VERHAAL kan ontdek.
Voordat jy die gesprekke sinvol kan hanteer, behoort jy eers die INLEIDING te lees. Die volgende verhale word op die volgende Sondae vertel.
29 Januarie – WEEK 1 Begin en Skepping
5 Februarie – WEEK 2 Die Groot Fout
12 Februarie – WEEK 3 Die Twee Broers
19 Februarie – WEEK 4 Die Vloed
26 Februarie – WEEK 5 God se familie
4 Maart – WEEK 6 Die Uittog
11 Maart – WEEK 7 Instruksies
18 maart – WEEK 8 Konings en profete
25 Maart – WEEK 9 Die Geboorte van Jesus
Hierdie is beslis nie my eie werk nie. Ek het met toestemming van Soma Communities hulle stof vertaal en klein bietjie verwerk vir gebruik by ons Tienerbediening.
Attie,
Dit is ‘n absolute wonderlike wyse om ‘n tienerbediening te bedryf, maak nie saak wie sin dit is nie.
So maak ons die Bybel “lewendig” (of is die woord deesdae dalk “cool”) vir die tienders.
Dit is maar ook hoe ek in die “ou dae” geleer is tydens Sondagskool, Kinderkrans en op skool en dit wys maar net dat die “ou weë” nie altyd “outyds” of “redundant” is nie.
Doen so voort, dominee. Jy het ‘n wenner beet.