OUERS EN TIENERS – OPBOUENDE DISSIPLINE

Die inskrywing oor lyfstraf het toe bietjie ge-“stir” net soos ek verwag het. Ek dink toe om ‘n paar opmerkings te maak oor die motivering van veral tieners want ek veronderstel dat lyfstraf motivering ten doel het. As ouers wil ons ons kinders ons kinders of negatiewe of skadelike gedrag afleer of positiewe of opbouende gedrag aanleer. Dus – Motiveer om iets op te hou doen of iets te begin doen en aan te hou om dit te doen.
ONVOORWAARDELIKE LIEFDE 
Ouers kan net hulle kinders positief motiveer indien hulle onvoorwaardelike liefde beleef. Voorwaardelike liefde maak dat kinders of tieners konformeer en dan optree soos ouers wil hê, ten einde hulle goedkeuring of liefde te verkry. Voorwaardelike liefde beteken dat ek slegs aanvaarbaar is indien ek aan jou verwagtinge voldoen en dus doen soos jy wil hê ek moet doen. Sommige tieners neem wraak deur doelbewus nie aan die verwagtinge te voldoen nie. Ander tieners raak weer aanvaarding-“junkies.” Die aanvaarding waaraan hulle so verslaaf is, strek egter verder as die ouerhuis – ook die vriendekring en dan raak groepsdruk baie moeilik om te hanteer.
LEER DEUR ERVARING
Kinders en veral tieners moet geleer word om die belangrikheid van dit wat jy van hulle verwag te verstaan. Lyfstraf is dikwels ouers se manier om vir kinders te sê wat hulle as ouers wil hê  en hulle dan fisies te dwing om na jou pype te dans.
Met sinvolle vrae kan ons die kinders help om self tot die insig te kom.
Ons moet kinders leer om met die gevolge van hulle optrede saam te lewe en uit hulle foute te leer. Alhoewel ek dikwels hoor dat ouers sê dat kinders deur lyfstraf ‘n duur les geleer het, blyk dit dat die les nie regtig geleer is nie, maar dat die kind net geleer het hoe hy/sy moet optree om nie weer fisiese geweld op die lyf te loop nie. Die alternatief is “”bewustelike onverantwoordelikheid.”
“Bewustelike onverantwoordelikheid” behels dat die kind toegelaat word om te misluk en wanneer dit gebeur gebruik die ouer die geleentheid om op ‘n empatiese wyse saam met die kind deur die gebeuere te werk.
Ons dogter  het op ‘n stadium haar huiswerk tot Sondae-aande gelos en dan moes haar ma saaam met haar inspring om die huiswerk gedoen te kry. Sondae-aande is ons ontspanningsaand en ek en my vrou kyk gewoonlik die fliek op MNet. Ons het haar een keer gewaarsku dat dit die laaste keer is en dat haar ma nie weer op ‘n Sondag-aand met huiswerk behulpsaaam gaan wees nie.
Nie baie lank daarna nie, het nie het sy dit weer gedoen. Sonder om enigsins aggresief te raak of selfs ons stemme te verhef, het ons haar bewus gemaak van die situasie deur sekere vra te vrae:
Wat is die probleem?
Wat het die probleem veroorsaak?
Hoe laat dit jou voel?
Wat sou jy kon doen om te verhinder dat jy weer in so ‘n situasie beland?
Hoe kan ons jou help om te keer dat so iets weer gebeur?
Ons het die aand die gesprek gehad en sy was bietjie dikmond omdat ons haar nie uit haar penarie wou help nie, maar sy het nie net die les geleer nie ons het ‘n wonderlike stuk kommmunikasie beleef en huiswerk is nie meer ‘n probleem op ‘n Sondag-aand nie.
MAAK HULLE DEEL VAN DIE OPLOSSING
‘n Groot deel van kinders en veral tieners se opstand en rebellie het daarmee te make dat hulle gedwing word om deel te wees van ‘n plan waarin hulle self geen aandeel gehad het nie. Ouers besluit wat die plan gaan wees en dan word kinders en tieners vertel hoe die plan gaan werk. Indien hulle dan nie by die plan inval nie…
Ek dink ons as ouers onderskat ons kinders en veral tieners se vermoëns om met oplossings en werkbare planne vir sekere situasies vorendag te kom. Daar is oplossings en planne wat ‘n mens maar eers hulle oplossings kan probeer en selfs die risiko kan loop om te misluk.
Opbouende dissipline wat op hierdie manier motiveer, verg ongelukkig insette en tyd wat ons in ons gejaagde lewe nie altyd het nie. Die illusie van kwaliteit tyd vs. kwantiteit tyd skep vir ons probleme.

3 Kommentaar

Filed under Ouerskap, Tieners

3 responses to “OUERS EN TIENERS – OPBOUENDE DISSIPLINE

  1. Johan

    Ds Attie, Ek dink nie jy moet dink jou inskrywings “stirr” nie. Ek vind dit baie interessant, leersaam en opbouend. Ek wens net dat ek in my jong dae die voorreg gehad het van kommunikasie middele soos vandag. My generasie mense moes maar ons kinders dissiplineer soos wat ons geglo het is reg en as ek so om my kyk dink ek nie ons het te sleg gevaar nie. Ek dissiplineer my kleinkinders egter totaal anders as wat ek my eie kinders gedissiplineer het – ek laat dit aan hulle ouers oor en as hulle gedissiplineer word of as “moeggepraat” uitgehaal word, stap ek vinnig ‘n draai, as jy sal weet wat ek bedoel. Ek hou niks van “moeggepraat” nie.
    Wat jy hierbo sê kan ek net op “Amen” sê.
    Baie dankie vir jou blog. Ek maak tyd om elke oggend te lees en te leer en soms (baie keer) te reageer.

  2. Ek was een van die voorstaanders van lyfstraf maar……eintlik moes ek meer spesifiek gewees het. Ek dink as jy by tiener stadium kom, behoort lyfstraf al stelselmatig uitgefasseer te gewees het. Miskien kan die beginsel geld: hoe ouer, hoe minder lyfstraf. Ek dink nie ek het nodig gehad om enige van my tieners (tans die laaste tiener in die huis), al te slaan nie. Verder verskil hulle ook….een het nog altyd meer nodig gehad as ander; anders gestel. Lyfstraf was by ons DIE LAASTE UITWEG, dus, as ander metodes reeds die effek gehad het, was dit klaar. Elkeen se persoonlikheid en reaksie op dissipline het verskil. So, daar is dus baie voorwaardes vir my aan lyfstraf.

    Ek het ook al hieroor geblog by http://bit.ly/weUMdW

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s