LEIERS – KONING SAUL KOMPLEKS

Saul was bedreig deur Dawid. Saul kon nie anders as om te weet dat hy nie meer God se guns geniet het nie. Samuel het dit in soveel woord vir hom gesê. Saul was die bedreigde leier. Dawid was nie bedreig nie.

Bedreigde leiers het ‘n reuse negatiewe en vernietigende impak op enige organisasie of groep. Die volgende dinge sterf waar ‘n bedreigde leier toegelaat word om met sy bedreigdheid te lei:

  1. ONDERLINGE VERHOUDINGS – mense word gedwing om kant te kies tussen Dawid en Saul. Die gevolg is agterdog.
  2. UNIEKE KARAKTER – elke organisasie of groep het ‘n unieke karakter. ‘n Bedreigde leier wil seker maak die karakter van die groep of organisasie hou hom op die troon.
  3. DIE GROEP OF ORGANISASIE – mense gaan nie deel wil wees van ‘n organisasie of ‘n groep waar die leier sy bedreigde optrede op hulle projekteer nie. ‘n Bedreigde leier versamel bedreigde mense wat almal ander mense vervolg. Die organisasie sal sterf of die groep sal doodloop.

Hoe kan ‘n mens weet of jy ‘n bedreigde persoon of leier is?

  1. Bedreigde leiers weerhou inligting. Solank as wat jy nie al die inligting het nie, kan jy nie lei nie. Goeie leiers deel vryelik soveel inligting as moontlik.
  2. Bedreigde leiers leer mense wat hulle behoort te weet. Goeie leiers begelei mense om self uit te vind wat hulle behoort te weet en so groei hulle.
  3. ‘n Bedreigde leier ontmoedig mense om risikos te neem as gevolg van ‘n vrees vir mislukking omdat die mislukking hom sleg sal laat lyk. Goeie leiers moedig mense aan om berekende risikos te neem omdat mislukkings ook leer geleenthede kan wees.
  4. ‘n Bedreigde leier gee instruksies en verwag dat dit uitgevoer moet word. Goeie leiers dui rigting aan en verwag resultate.
  5. Bedreigde leiers vereis respek. Goeie leiers verdien respek.
  6. Bedreigde leiers het nie ‘n keuse as om erkenning te gee vir prestasies nie, maar maak altyd seker dat hulle ook erkenning kry. Goeie leiers gee nie om as die kollig op iemand anders val nie.
  7. Bedreigde leiers versamel mense wat soos hy/sy dink rondom hom/haar. Goeie leiers verkies verskeidenheid sodat die groep mekaar kan uitdaag.
  8. Bedreigde leiers verplaas die skuld vir mislukking en ietsb of iemand anders is gewoonlik verantwoordelik. Goeie leiers aanvaar verantwoordelikheid vir mislukkings van die organisasie.
  9. Bedreigde leiers bevorder die mense wat hulle beheer. Goeie leier bevorder daardie mense wat hulle nie nodig het om te beheer nie.
  10. Bedreigde leiers kweek goeie doeners. Goeie leiers kweek goeie leiers.
  11. Bedreigde leiers laat mense nie toe om veel van hulle te weet nie. Goeie leiers laat mense toe om hulle te ken sodat hulle mekaar kan vorm.
  12. Bedreigde leiers vrees verwerping en sal daarom nie netelige probleme aanpak nie. Goeie leiers sien die belangrikheid om probleme aan te pak en op te los aangesien die organisasie of groep nioe vorentoe kan beweeg as probleme nie hanteer word nie.

Bedreigde leiers gee op. Hulle sal dalk nie bedank en die organisasie verlaat nie, maar hulle sal op een of ander manier ‘n weg vind om op ‘n subtiele wyse te onttrek.

Saul kon daarin slaag om Dawid in die woestyn te laat vlug en wegkruip en hom van sy mense te vervreem. Saul kon Dawid egter nie onderkry nie.

4 Kommentaar

Filed under Leierskap

4 responses to “LEIERS – KONING SAUL KOMPLEKS

  1. Johan

    Dankie vir die inskrywing Ds. Attie. Vadag het ek geen kommentaar nie en het net geluister en geleer.

  2. Beskryf jy nou sommer hier Suid-Afrika se huidige leierskap…

  3. Mooi uiteensetting. Ek kies doelbewus om die kwaliteite en eienskappe van ‘n goeie leier na te jaag en ook in ander raak te sien en te bevorder!

  4. Werner Olivier

    Attie, n baie goeie uiteensetting van leierskap.Wat punt 10 betref wil ek net meedeel dat ek al baie goeie doeners ook onder goeie leierskap gesien het.Wat die eerte deel van punt 11 betref het ek al heelwat sulke leiers teegekom in die werksituasie, by ander organisasies en glo my in die Kerk ook.Ek dink persoonlikheid speel hier n groot rol.
    Groetnis.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s