SINIES EN AFGESTOMP

“All the diagnostic experts keep pointing backward to the era of… the 60’s and 70’s as the fatal hour when everything started going to hell.” (Howe and Strauss, 13th Gen)

In gesprekke met jongmense onder 30 jaar is dit duidelik dat hulle bereid is om te luister en dat hulle selfs met tye verstaan hoekom ander oor Christenskap dink soos hulle dink en voel soos hulle voel. Maar, daar is ook dikwels die opmerking, dat hulle nie dink dat Christenskap vir hulle is nie.

Die fout word dikwels in die boodskap gesoek in die sin dat die boodskap as “ongeloofwaardig” bestempel word. Ek wonder of dit nie dalk meer te make het met die boodskapper nie. Die boodskap kan nie langer losgemaak word van die boodskapper nie. Die boodskap is iets wat geleef moet word terwyl dit verkondig word. In ‘n poging om mense te bereik het te veel boodskappers die leefstyl van die kultuur aangeneem. Die boodskap kan nie meer losgemaak word van die boodskap nie.

Kan dit wees dat die jongmense nie van dit hou wat die stereotipe Christen aan hulle voorhou nie? Verstaan ons regtig die taal wat hierdie geslag praat? Verstaan ons regtig hoe hulle hierdie boodskap hoor? Weet ons wat is die “issues” waarmee hulle worstel? Wat het in die verlede gebeur wat hindernisse kan wees vir hulle om te glo?

In die 60 en 70ger jare was die lewensfilosofie: “It it feels good, do it.” Die jongmense rondom ons is die resultate van daardie filosofie. Vertroue moes plek maak vir wantroue.

WANTROUE i.p.v VERTROUE

Ek eerste wantroue.
Hulle het groot geword in ‘n tyd toe ouers se belange eerste gekom het en belangriker was as die kinders sin. 1975 was die jaar waarin die geboortesyfer die laagste was sedert die Tweede wêreldoorlog. Die geslag wat bekend gestaan het as die “baby boomers” – “the unwanted generation”. Ouers wou eintlik nie kinders gehad het nie, omdat dit ingemeng het met hulle vrye leefstyl.

Huweliks-wantroue.
Hierdie geslag word groot in ‘n tyd waar die egskeidingsyfer die hoogte in geskiet het en gesinne uitmekaar geskeur is. Persoonlike geluk was belangriker as die geluk van kinders. Dit was die tyd van vrye seks en die tyd waarin die Playboy tydskrif ook die lig gesien het. Vandag betaal ons die prys vir daardie vryheid in die vorm van seksueel oordraagbare siektes, VIGS en die hoogste egskeidingsyfer ooit. Kinders volg die voorbeeld van hulle rolmodelle – hulle doen alles net ‘n klein bietjie beter.

Gesags-wantroue.
In die ajre 60 en 70s vind daar ‘n reuse skuif in waardes plaas. Dit is die tyd toe vrouens na die werkplek gestroom het sonder dat daar regtig voorsiening gemaak is vir versorging van die kinders. Vir ouers het leefstyl belangriker geword as kinders. Meer en meer kinders het huistoe gekom na ‘n leë huis toe. Die TV en maats het die gesagsrol in hierdie kinders se lewens gespeel. Gesagstrukture het die kinders in die steek gelaat. Kinders het ‘n wantroue ontwikkel in gesag.

Misbruik-wantroue.
Kinders het geleer dat hulle nie meer so belangrik is dat hulle hulle ouers of die gemeenskap se beskerming verdien het nie. “Elkeen vir homself.” Kinders moes self leer hoe om die lewe te hanteer. In hierdie tyd het ouers kinders meer en meer as hulle gelyke begin sien. As gevolg van die egskeidingsyfer en alles wat daarmee saamgaan, het ouers op kinders begin steun vir emosionele onderskraging en dikwels ook vir lewensmiddele ondersteuning. Ouers het by kinders ingetrek en kinders moes ouers versorg.

Een van die gevolge is dat vandag se geslag jongmense nie vertrou nie – niemand vertrou nie. Ook nie vir God nie. Die een groot probleem is dat hierdie geslag grotendeels in ontkenning leef en nie wil erken dat hierdie dinge die oorsaak is van hulle wantroue nie.

Hierdie geslag het sinies en afgestomp geraak.

As ons hierdie geslag wil bereik, sal daar ‘n kultuur van vertroue geskep moet word sodat hulle kan leer dat vertroue nog moontlik en waardevol is. Wanneer hierdie mense in ‘n kultuur van vertroue opgeneem word, gaan daar al hoe meer verhale vertel word van mense wat hierdie wonde met hulle saamdra, maar daar sal ook meer en meer verhale wees van mense wie se wonde deur die wonderbare mag van die Here genees word.

Ek wonder:

In hoe ‘n mate speel die boodskapper ‘n rol in geloofwaardigheid van die boodskap wat hy verkondig?

In hoe ‘n mate sien jy van hierdie eienskappe in jou eie lewe, en waarom dink jy is dit so?

  • Ek eerste wantroue.
  • Huweliks-wantroue.
  • Gesags-wantroue.
  • Misbruik-wantroue.

3 thoughts on “SINIES EN AFGESTOMP

Add yours

  1. Doom: Ek dink jy slaan die spyker op sy kop.

    Eerstens dink ek boodskappers het so hard probeer om die vorige geslag te bereik, dat daar geen verskil is tussen hulle lewenstyl en die van die alledaagse mens nie. Ek mag verkeerd wees, maar boodskappers het so bewus geraak van die een maal gered altyd gered, gedagte dat dit byna as ‘n dwaling beskou kan word.

    Ek is in hierdie ouderdomsgroep en die gebrek aan geloofwaardigheid by die boodskappers is besig om my finaal weg te dryf van die kerk af. Die probleem is dat die gebrek aan geloofwaardigheid in die lewe van die boodskappers besig is om die boodskap ook ongeloofwaardig te maak.

    Hierdie boodskappers leef met ‘n “ek eerste” benadering; die lewe van hierdie boodskappers het ‘n gesagswantroue tot gevolg; Hierdie boodskappers misbruik God se genade en hulle misbruik die vertroue wat mense in hulle gestel is.

    Ja, ons verwag meer van die boodskappers as wat ons van ander verwag, maar dit is mos waarvoor hulle gekies het. My gevoel is, dat as die hitte in die kombuis vir hierdie boodskappers so warm raak dat gehoorsaamheid aan die boodskap van die Bybel nie meer belangrik is nie, dan moet hulle uit die kombuis uit.

  2. Boodskappers, leiers of die ekstrovert vriend in die groep. Dit is na wat laerskool kinders, hoërskool kinders, 20’s en selfs nog 30’s na toe op kyk. En as die persoon vaal of dit nou is om die boodskap te bring(en te leef) en of dit is om te lei of selfs groepsdruk “toe te pas” is die vertoue dadelik wantroue. Ons sien dit selfs in die huwelik van jonger getroudes. Rolmodelle, en dit is nie die boodskapper nie maar die een wat die boodskap leef en ander “trek” om ook so te leef is nodig. Hiervan is daar ‘n te kort in ons land en wêreld.
    Ek kyk graag op na my boodskapper en leer geweldig baie – ook deur sy foute. …

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: