Tozer het geskryf
In the midst of this great coldness toward God there are some, I rejoice to acknowledge, who will not be content with shallow logic. They will admit the force of the argument, and then turn away with tears to hunt some lonely place and pray, “O God, show me thy glory.” They want to taste, to touch with their hearts, to see with their inner eyes the wonder that is God.
I want deliberately to encourage this mighty longing after God. The lack of it has brought us to our present low estate. The stiff and wooden quality about our religious lives is a result of our lack of holy desire. Complacency is a deadly foe of all spiritual growth. Acute desire must be present or there will be no manifestation of Christ to His people. He waits to be wanted. Too bad that with many of us He waits so long, so very long, in vain.
Vir vier maande is ek met hierdie gedagtes besig. Ek het begin deur na te lees oor wat ‘n mens sou kon noem “om met God te wandel”. Alles het begin toe ek toegelaat het dat iemand se woorde my slaan waar dit saak maak en ‘n gapende wond gelaat het. ‘n Wond wat nou nog nie genees het nie. In die tyd het ek weer oor die alomteenwoordigheid van God nagedink het – dit beteken dat God orals kan wees waar Hy wil wees. Die rede waarom ek sê “waar Hy wil wees” is dat ek nie vir een oomblik kan dink dat God in sy heiligheid bystaan en toekyk wanneer ek met onheilige dinge besig is.Ek wou op die punt kom waar ek beskerm word sodat ek nie weer so sal reageer op dinge wat mense sê nie.
Ek het daarna verlang om God se wag op my tot ‘n einde te bring, soos hierdie aanhaling dit sê: “He waits to be wanted. Too bad that with many of us He waits so long, so very long, in vain.”
En ek het (na my mening) dit baie goed reggekry. Sonder twyfel weet ek daar is (of was) nog baie harde werk, maar ek het dit reggekry om die grootste gedeelte van my dag in kontak en in gesprek met die Here te wees. Wanneer ek in pastorale gesprekke besig was, kon ek in my gedagtes bid: “Here laat my hoor wat U wil hê dat ek moet hoor, laat my sien wat U wil hê dat ek moet sien en laat my sê wat U wil hê dat ek moet sê.”
Wanneer ek alleen in die kar ry kon ek lang gesprekke met die Here hê. Ek kan met groot vrymoedigheid sê dat daar nie 10 minute verby gegaan het wat ek nie in kontak met die Here was nie.Een van die resultate was dat ek skielik klein dingetjies raakgesien het wat ek andersins sou gemis het. My lewenskwaliteit is aansienlik beter sedert ek op hierdie manier naby aan God begin leef het.
Daar was verskeie kere wat ek daarna my teleurstelling in mense kon verwerk deur so in sy teenwoordigheid te lewe. Baie kere wat dit juis hierdie teenwoordigheid was wat gemaak het dat ek anders reageer as wat ek normaalweg sou reageer.
Ek onthou ‘n tyd toe ek teleurgesteld was omdat die Here nie ‘n gebed verhoor het nie. Terwyl ek die oggend in gebed daaroor nadink kom die gedagte by my op dat ek bietjie moet nadink oor die rede waarom ek in hierdie intieme verhouding met God leef. Die slotsom van my nadenke was dat ek ek in hierdie verhouding is omdat ek God liefhet en nie vir wat Hy vir my daaruit kan laat kry nie.
Maar… hierdie drie maande wat verby is, waarin ek hierdie geestelike dissipline aangeleer het, was van die moeilikste drie maande in my lewe. Drie maande waarin onder andere kosbare vriendskappe gesneuwel het.Drie maande waarin daar gedagtes by my opgekom het wat ek nie hier durf skryf nie.
En net vanoggend het ek vir die Here gesê:
“Here, ek het nou iets meer as liefde nodig!”
“Here, ek weet nie meer op watter maniere om vir U te sê dat ek U liefhet nie. Ek weet die mees waardevolle teken van U liefde is dit wat U vir my aan die kruis gedoen het, maar ek het nou meer as ooit iets meer nodig. ”
Vanoggend wil ek soos Thomas sê: “Ek glo Here, kom my ongeloof te hulp!” Maar selfs dit klink vir my of dit vir Thomas maklik was, want Hy het dit gesê toe Jesus voor Hom staan met sy deurboorde hande nadat Hy uit die dood opgestaan het.
Wat het ek?
ds. het nog iemand wat ook vir jou bid!!!!!!!!! en ek is seker ek is nie die enigste een nie.
Ek is die laaste een wat in jou kategorie val met naby aan God wees, maar ek beroep my deesdae meer op die Heilige Gees om uit te vind of Hy nie dalk vir my meer geheime van God kan uitlig nie. Hulle is 3 ek is een – dis soos ‘n biblioteek. Die vriende sneuwel maar langs die pad – was hulle die moeite werd? Die wat nog daar is is die goud.