alles net genade

In hierdie tyd wat dit so baie gereën het, het ons die straatkinders dikwels by straathoeke en verkeersligte sien bedel. Met hulle oop handjies het hulle van kar tot kar gestap met die hoop dat die bestuurders hulle sou raaksien, die ruit sou afdraai en een of ander iets in die leë hand sal sit.

Een dag het ek hierdie een seuntjie dopgehou. Al wat die seuntjie kon doen was staan en wag. Tussen hom en die bestuurders op wie hy sy hoop vestig is daar ‘n ruit. Hy sou kon praat, maar die bestuurder sou lippe sien bewe, maar nie hoor wat hy sê nie. Lees voort “alles net genade”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑