help daar is ‘n tiener in my huis

Daar is ongeveer 400 tieners in ons tienerbediening. Dit laat ons met ongeveer 300 gesinne met tieners in die huise en omtrent net so veel wat tieners binne die volgende paar jaar nog steeds of vir die eerste keer in die huis gaan hê. Die kinder- en tienerjare is van die belangrikste vormingsjare in ‘n mens se lewe. As gevolg van die feit dat die tienerjare ‘n tyd is wat die tiener in ‘n nuwe lewensfase ingaan, ontstaan daar dikwels konflik in gesinne tussen die tiener en die res van die gesin. Soos die een jong tiener onlangs vir haar ma sê: “Ek mis vir sussie (wat universiteit toe is) want nou is daar niemand om mee te baklei nie, en dit is nie pret om met mamma te baklei nie want mamma baklei terug en mamma is gewoonlik reg.”

‘n Ander tiener moet van verskillende vulkane leer en onthou dit so: Lees voort “help daar is ‘n tiener in my huis”

Blog at WordPress.com.

Up ↑