afrika het god nodig

Volgens ‘n artikel SATERDAG in BY is ‘n selferkende atiës van mening dat Afrika God nodig het.

Die interessante is dat hy nie sommer net van enige godsdiens praat nie, maar spesifiek van die Christelike Godsdiens. Hy skryf:

Ek is ’n oortuigde ateïs. Tog het ek onder die indruk gekom van die enorme bydrae wat Christelike evangelisasie in Afrika lewer: dit is radikaal anders as die werk van sekulêre nie-regeringsorganisasies (NRO’s), regeringsprojekte en internasionale hulppogings. Sulke pogings alleen werk nie. Opvoeding en opleiding alleen werk nie. In Afrika verander die Christelike godsdiens mense se harte. Dit bring geestelike transformasie. Die wedergeboorte is werklik. Die verandering is goed.

Hy skryf verder:

Maar dié siening strook nie met die feite nie. Geloof doen méér as om die sendeling te ondersteun; dit word oorgedra na sy kudde. En dit is dié uitwerking wat so ontsettend saak maak, en wat ek nie kan help om raak te sien nie.

En…

En ek is bevrees dit moet vervang word deur ’n ander. Om Christelike evangelisering uit die Afrika-vergelyking te haal, kan die vasteland oorlewer aan die genade van ’n kwaadaardige vermenging van Nike, die toordokter, die selfoon en die panga.

Eintlik is hierdie ‘n wonderlike getuienis van die manier waarop God deur die kerk werk. Die volmaakte gemeente bestaan nie, en dat God bereid is om deur onvolmaakte mense in ‘n onvolmaakte gemeente te werk is net genade.

Ek is dankbaar vir wat hy skryf, en dit gee my moed om te weet dat dit wat ons doen is nie tevergeefs nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: