tieners en selfbeeld

Ek het my eerste pos as jeugleraar (toe waarskynlik jeugwerker) in La Belle gemeente in die Wes-Kaap gehad in die laaste drie jaar (1985-1987) van my sewe jaar op Universiteit en daarna het ek in my eerste gemeente met die jeug gewerk tot einde 1989  waarna ek vir 10 jaar uit die bediening is. In 1999 het ek weer deeltyds by die bediening betrokke geraak en in 2002 weer die verantwoordelikheid gekry vir die tieners in ons gemeente.

Een ding het ek dadelik ontdek en dit is dat daar oor ‘n tydperk van 10 jaar ‘n reuse kultuurskruif plaasgevind. Die tieners van 1989 was nie die tieners van 2003 nie. Ek het al by geleentheid gesê dat die ouderdom waarskynlik die enigste ooreenstemming is.

Deur al die jare was “selfbeeld” en tieners ‘n baie belangrike onderwerp, aangesien tienertyd werklik die tyd is wat jongmense met selfbeeld sukkel en ernstige vrae vra oor wie hulle is en hoe hulle oor hullesef behoort te dink en te voel. Ek vermoed die antwoorde op sulke vrae sal vir altyd belangrik wees in die lewe van tieners.

Maar,  ek dink daar was  ‘n oor-reaksie. Tieners se selfbeeld is gesien as die belangrikste oorsaak van en oplossing vir alle tienerprobleme. As ‘n mens net ‘n tiener se selfbeeld kan regkry, dan is al die tieners en die ouers en die onderwysers se probleme opgelos.

En verder is die oplossing vir die tiner se selfbeeld gesien as dat die tiener in watte toegedraai  moet word, en dat die tiener te alle koste aanvaarding moet beleef en ten spyte van enige iets die ondersteuning van veral die ouer moet hê. Selfs al sou dit beteken dat die tiener se foute en misstappe geregverdig moet word.

Jean Twenge het ‘n boek geskryf : Generation Me: Why Today’s Young Americans Are More Confident, Assertive, Entitled–and More Miserable Than Ever Before. Die boek handel oor die geslag wat sy die iGens (18-35) noem. Waarskynlik die belangrikste gevolgtrekking wat sy in die boek maak is:

iGens “… speak the language of the self as their native tongue. The individual has always come first, and feeling good about yourself has always been a primary virtue” (2). But it is also a time of “soaring expectations and crushing realities.”

Die laaste paar woorde verwoord hoe ek voel: “reuse verwagtings met ‘n vernietigende werklikheid”.

Sy haal haar ma so aan:

“In the early 1960s, most people would have said the most important things were being honest, hardworking, industrious, loyal, and caring about others. I can’t even remember thinking about whether I was ‘happy’. That’s not to say we weren’t happy — we just didn’t focus on it.”

Dan haal sy ‘n iGen aan:

“I just try to do whatever will make me happier, and think of myself first”

En…

“I couldn’t care less how I am viewed by society. I live my life according to the morals, views, and standards that I create”

Ek verstaan selfbeeld as dat tieners en jongmense (eintlik alle mense) behandel moet word as mense wat na die beeld van God geskep is, en aanvaar en gerespekteer moet word vir wie hulle is en nie na aanleiding van hulle prestasies nie.

‘n Verkeerde klem op selfbeeld en eiewaarde het egter tog gevolg dat onvoorwaardelike aanvaarding tot gevolg het dat tieners gehelp word om ‘n onrealistiese selfbeeld te bou waarin hulle glo dat hulle alles kan doen wat hulle wil doen (ongeag hule beperkinge) en enige poging om hulle daarop te wys dat hulle dalk nie het wat nodig is nie, word gesien as “ek word nie aanvaar nie” en “ek mag nie vir myself besluit nie”. Die gevolg is dikwels dat daar meer drome is wat in skerwe stukkend breek as drome wat realiseer. Die jongmense met ‘n realistiese selfbeeld verwesenlik hulle drome, soms is dit om iemand te word wat ‘n onskatbare bydra tot die gemeenskap en die wêreld te maak, en ander kere om ‘n werk te kry om goed vir sy/haar gesin te sorg.

Ek dink die kerk het ‘n groot aandeel in die skewe klem op selfbeeld deur die misbruik van die teks wat sê dat ek tot alles in staat is deur Christus Jesus wat my die krag gee. Op die ou end het dit net geword “ek is tot alles in staat…”

Sonder om te veralgemeen: Die manier waarop selfbeeld in die verlede hanteer is, het tot gevolg gehad dat ‘n groot groep van tieners en jongmense ‘n onrealistiese selfbeeld ontwikkel het, wat daartoe bygedra het dat ons met ‘n groot groep ontevrede en teleurgestelde jongmense sit .

Sonder om te veralgemeen: Die verkeerde fokus op die selfbeeld wat ‘n onrealistiese en ‘n ongesonde fokus op die self tot gevolg gehad het, het jongmense se verhoudings nadelig geraak.

3 thoughts on “tieners en selfbeeld

Add yours

  1. Inderdaad, Attie, wat jy hier vertel kan ek ook sien in die jeug van vandag. Dit het my ook getref hoe selfgesentreerd hulle is. Daar is natuurlik uitsonderings, maar dis ‘n algemene neiging. Om vandag kinders groot te maak is ‘n groot uitdaging.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: