POST-CHRISTENDOM EREDIENS

My eerste passie is die erediens. Die gawes wat die Here  aan my en my gesin gegee het, het tot gevolg dat ek graag hard daaraan van om eredienste iets besonders te maaki. Ek glo steeds dat die erediens op ‘n Sondag is die belangrikste gebeure in die lewe van God se kinders. Eugene Peterson beskryf dit so:

“Worship is the time and place that we assign for deliberate attentiveness to God – not because he’s confined to time and place, but because our self-importance is so insidiously relentless that if we don’t deliberately interrupt ourselves regularly, we have no chance of attending to him at all at other times and in other places.”

Ek is daarom ook daarvan oortuig dat as mense se aanbidding van God beperk is tot dit wat op ‘n Sondag gebeur, dan is ons die mees armsalige van alle mense. Ek dink daar was vier tydperke met betrekking tot die Christelike erediens.

PRE-CHRISTENDOM 

Ek sien hierdie as die tyd van die Nuwe Testament en die vroeë kerk. In hierdie tyd is die ongedooptes (nie-Christene) nie in die erediens toegelaat nie. Die erediens was bedoel om God te verheerlik en gelowiges toe te rus vir hulle missie of taak in die wêreld.

CHRISTENDOM

In die tyd is aanvaar dat almal Christene is. Erediens en missie (die roeping of die taak van die kerk) is van mekaar geskei. Die missie van God was iets wat ver gebeur het.

LAAT-CHRISTENDOM

Die fokus was in hierdie tyd (19de en 20ste eeu) op Evangelisasie. Ons moet die terugwen wat vroeër deel van ons was, maar nou nie meer is nie. In die tyd het sommige eredienste begin bekend staan as “seeker-sensitive” (Dink aan Bill Hybels en Willowcreek) en “Worship Evangelism” (Sien Sally Morgenthaler se boek met hierdie titel) was die rigting waarin gedagtes gegaan het. As die persoon wat weggeraak het of afgedwaal het, in die erediens instap, moet hy teruggewen word. God se groter missie of doel is geminimaliseer.

POST-CHRISTENDOM

Almal is nie Christene nie. Almal was nog nooit Christene nie. Almal wil nie graag in die kerk wees nie. Die minderheid gee regtig om wat die kerk en Christene doen en hoe die kerk en Christene oor dinge voel.

Erediens en missie kan nou weer tot ‘n mate geïntegreer word. Erediensgangers is dikwels lojale kinders van die Here. Deur dit wat in die erediens gebeur – God wat ook daar aan die werk is – kan mense se denke en gevoelens verander word. Die kanse dat ‘n iemand wat nie in Jesus glo nie ‘n erediens kan binnestap is feitlik nul. Die erediens word nou ‘n plek waar die erediensganger toegerus word om in sy alledaagse lewe besig te wees met dit waarmee God besig is.

Soos iemand onlangs gesê het: God se kerk het nie ‘n missie nie. God se missie het ‘n kerk. Die erediens is die geleentheid waar God wat op ‘n missie is weer sy “troepe” se oë oopmaak sodat hulle Hom aan die werk kan sien. Die erediens is die plek waar God se gestuurdes weer hulle ore instel om sy stem in ‘n stukkende wêreld te hoor.

9 Kommentaar

Filed under Die Kerk

9 responses to “POST-CHRISTENDOM EREDIENS

  1. Christelle van der Walt

    GOD se Kerk moet ook ‘n huis wees waar mense wat stukkend is die vrymoedigheid het om heen te kan gaan vir vergifnis, vir genade, vir genesing, vir nuwe moed.

    Hier is my eerlike opinie hoe ek GOD se Kerk vandag sien:

    Dit word bestuur soos ‘n Klub. Die Ouderlinge sê die Predikant voor. Wat hulle besluit is so en niks anders. Geldsake word haarfyn bestuur. Elke lidmaat se bydrae word presies opgeteken en van kennis geneem. Hoe meer jy gee hoe meer aansien het jy.

    Ons praat nie eers van die groot geskinder na die diens soos mense groepies-groepies openlik staan en ander mense se sake bespreek nie. Die skynheiligheid sien jy om nie eers te praat van die jaloesie nie.

    Dominee Attie met alle respek gesê: Dink U dat die Heilige Gees sal tuis wees in so ‘n Kerk? Ek voel nie Sy Gees daar nie, dit is koud, ysig koud.

    Hierdie goed sien ek by al ons Kerke in ons dorp. Dit maak my hart baie seer. Dit is nie GOD se wil nie.

    Weet U die kompetisie onder ons Kerke is so groot as hulle Basaar hou is dit iets vreeslik hoe hulle kompeteer wie die meeste geld kan insamel.

    Hier word nie meer een funksie per Kerk gehou nie sommer drie na vier per jaar per gemeente en dan is die dorp nou behoortlik aan die gons oor alles. Ek wil nie deel wees van hierdie klug nie verstaan Dominee.

  2. Christelle, ek kan met groot vrymoedigheid sê ek weet nie van ‘ n gemeente wat funksioneer soos die wat jy hier beskryf nie. Verstaan my mooi, ek dink nie gemeentes doen altyd alles reg nie. Feitlik alle gemeentes waarvan ek weet beleef finansieel moeilike tye en moet daarom verskeie pogings aanwend on fondse in te samel. Elke gemeente waarmee ek te doen kry is iewers besig om geld te spandeer om ander mense (dikwels nie-lidmate) se nood te verlig. Vir my persoonlik is dit belangriker om te weet of die Here Jesus in my eie lewe welkom voel as in die lewe van ander mense of ander groepe.

  3. “Die erediens word nou ‘n plek waar die erediensganger toegerus word om in sy alledaagse lewe besig te wees met dit waarmee God besig is.”
    “Die erediens is die plek waar God se gestuurdes weer hulle ore instel om sy stem in ‘n stukkende wêreld te hoor.”

    Goeiemôre Doom
    As Doom nou daar vir ons ‘n vroeë elfuurtjie kan aanslaan asseblief, want hierdie ene gaan vanoggend ernstig lank word – Ding het baie op die hart om af te kry vandag, Doom.

    Neeeeeeeewat, Ding het nou hier begin vertel, maar Ding kan mos niks kort doen nie – as Ding nou die hele storie moet vertel, gaan dit Doom se hele dagboek al op die 3e dag van die jaar volskryf! So, Doom, Ding sal op die agterstoep loop gesels (gister se inskrywing daar het soos mis voor die son verdwyn – geen idee wat gebeur het nie) en dan hoop ons maar dit bly hierdie keer darem lank genoeg dat die ink kan droogword.

    Net hierdie hier: treffend en ‘n ware refleksie van presies wat besig is om te gebeur, is wat Ding aangehaal het uit Doom se inskrywing hierbo.

    Baie dankie, Doom Attie, vir ‘n besonder netjiese, verstaanbare inskrywing. Dit maak sin en ek sien dit voor my oë gebeur en my siel straal.

    Grondgroete
    Ding

  4. Dan wag ek met spanning. Ek sal daar gaan loer.

  5. As jy hier lees, kan jy gerus DING se tipe van reaksie hierop gaan lees by: http://agterstoep.wordpress.com/2013/01/03/en-gee-openbaring/#comment-3300

  6. *sug* Noujatoe, wat sal ‘n mens sê die dag wanneer manman so oud, onkundig en ongelig raak dat manman self nie verstaan hoe goete verskyn en verdwyn nie! Gister maak Ding ‘n inskrywing en na middagete is dit weg soos mis voor die son. Vandag maak Ding die inskrywing waarna Doom hierbo verwys … en woeps, na middagete weg soos mis voor die son, maar darem is gister se inskrywing terug!

    So, nou is Ding se inskrywing waarna Doom hierbo verwys, op ‘n ander plek en daai plek is hier: http://bloedbruis.wordpress.com/2013/01/03/en-gee-openbaring

    Ding weet hopeloos te min van die kuberwêreld, maar Ding weet darem dat Ding nou al vir meer as ‘n uur probeer om die agterstoep soos hy gestaan het, af te breek, maar tevergeefs!

    Dan loop Ding maar eers weer.

  7. Werner Olivier

    Christelle,ek stem saam met jou eerste paragraaf.Met die res kan ek ook nie saam stem nie.Soos wat ‘n mens geestelik groei,raak ‘n mens minder sensitief vir kritiek,skinder,jaloesie en skynheiligheid.Mense wat hulle skuldig maak aan dit,sny maar net hulle eie kele af.Moenie dat dit jou afsit nie.Die Kerk van ons Meester bestaan gelukkig uit baie goeie en getroue mense ook.
    Groetnis.

  8. Christelle van der Walt

    Dankie vir die goeie woord ek het dit dalk vandag net nodig gehad om beter perspektief te kry. Beste Groete vir jou ook.

  9. Pingback: POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD | Attie se koffietafel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s