DIE KERK – THE BEAUTY AND THE BEAST

Die sprokie “The Beauty and the Beast” gaan oor ‘n verhouding tussen twee ongelyke verhoudingsvennote. Die skone prinses en die afskuwelike dierasie. Ek lees hierdie week Jesaja 62:1-5 met die oog op Sondag se preek en ek sien raakpunte met die sprokie. Terwyl ek so voorberei dink ek ook aan die gesprekke hier rondom my eie koffietafel en op nog ander plekke in die kuberruim. Ek lees en dit lyk soms vir my of mense moed opgegee het met die kerk.

Jesaja 62 het hierdie besonderse metafoor van ‘n huwelik. ‘n Huwelik tussen twee ongelyke verhoudingsvennote, God en Israel.  Israel wat nou bekend staan as “verstote vrou” en die land as “die een wat verlate lê”. (Jesaja 62:4) Die “Beast” in die sprokie as jy wil.

Die rolle is dus net omgekeerd. Lees voort “DIE KERK – THE BEAUTY AND THE BEAST”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑