Ek lees weer vanoggend Jesaja 43:1-7.
Konteks is die lens waardeur mense en tekste verstaan word. As jy die Bybel lees, moet jy die konteks van die teks ook in gedagte hou. Veral dit wat in die tekste voor die teks gesê word.
Die volk het gekla dat God hulle in die steek gelaat het. In 42:19 noem God hulle blind en doof. Hulle kyk maar hulle sien nie. Hulle hoor maar hulle luister nie. (42:20) Hulle is gevangenisse en daar is niemand wat probeer om hulle vry te maak nie. (42:22) Hulle het ‘n volk geword wat nie aandag gee aan hierdie dinge en wat dalk in die toekoms kan gebeur nie. (42:23)
Met ander woorde. In hierdie twee hoofstukke het ons ‘n egsprek tussen God en die volk Israel. In die vorige hoofstuk (42) wys God Israel se foute en mislukkings uit. Israel het misluk in dit wat God bedoel het dat hulle moet wees.
Nou sê God vir hulle dat Hy die Een is wat hulle geskep het en dat hulle nie bang hoef te wees vir die toekoms nie. (43:1) Lees voort “JESAJA 43:1-7 (2)”