TYD VIR DIE KERK OM OP TE STAAN

Dr. Chris Jones, ‘n teoloog van Stellenbosch, het op 19 Januarie 2013 in Die Burger hierdie artikel geplaas. Chris “challenge” my om te dink oor hoe ek oor “homoseksuele” dink en voel.

Ek “paste” sommer die hele artikel hier.

Dit is tyd dat die NG Kerkfamilie en ander Protestantse kerke die teologiese uitdaging van homoseksualiteit aanvaar en etiese leiding neem ter wille van God se koninkryk en gays se waardigheid, skryf Chris JonesVolgens my lees van die Bybel lewer nóg die Ou nóg die Nuwe Testament uitspraak oor homoseksuele oriëntasie soos ons dit vandag ken, óf oor ’n intieme verhouding tussen twee volwassenes van dieselfde geslag, gegrond in ’n monogame verbintenis en gekenmerk deur liefde, respek en menswaardigheid. Waaroor dit wél in die Bybel gaan, is homoseksuele verkragting, wellus, tempelprostitusie en pederastie (’n man wat onsedelike verhoudings het met persone van sy geslag, veral met jong seuns).

Hierom moet ons baie versigtig wees hoe ons die Bybel gebruik wat homoërotiek betref. Lees voort “TYD VIR DIE KERK OM OP TE STAAN”

Blog at WordPress.com.

Up ↑