POST-CHRISTENDOM – LAAT GEMEENTES TOE OM TE STERF

‘n Hele paar maande terug het ek hierdie “post” van Christiaan Piatt gelees waarin hy die opmerking maak dat gemeentes gehelp moet word om dood te gaan. Dinsdag het “Ding” my weer bewus gemaak aan die gedagte in sy kommentaar op my post oor Post-Christendom.  Sedert die lees van die artikel van Piatt dink ek daaraan daat daar eintlik so ‘n bediening behoort te wees. Met ander woorde, manne en vroue wat ‘n gemeente help om eerlik en opreg na hulle omstandighede te kyk en die kritiese vraag te vra:

Doen ons die regte ding deur die deure van hierdie kerk oop te hou?

In die skrywe herinner Piatt ons aan die eksperiment met die apies. Die eksperiment het behels dat ‘n piesang binne in ‘n bottel geplaas word. Die bottel se opening is net groot genoeg om die apie se hand in te pas. Wanneer hy egter die piesang gryp, is die opening te klein. Die apie kan egter nie sover dink om die piesang te los en dan sal hy weer vry wees nie. Hy klou aan die piesang vas en in die proses is hy sy eie gevangene.  Lees voort “POST-CHRISTENDOM – LAAT GEMEENTES TOE OM TE STERF”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑