Ek het gister geskryf oor ‘n moontlike antwoord vir kerkwees in die post-moderne en post-Christendom era. Op die ou end is die beginsel dat God se koninkryk op aarde kom net soos in die hemel wanneer God se kinders tot sy beskikking is. Missionêre gemeentes is die “buzz”-woord hiervoor. Enige iemand wat in ons gemeente is sal weet dat ek hierdie beginsel oor en oor aan hulle verkondig en ook dat ons kleingroepe deur die kleingroepmateriaal aangemoedig word om missionêer in die gemeenskap betrokke te raak. Maar, hierdie betrokkenheid moet uit mense se harte kom. Die Heilige Gees moet deur die prediking en deur die Woord mense se harte verander om nie net missionêr te begin dink nie, maar ook missionêr te lewe.
Die vraag is: Gebeur dit?
In Oktober verlede jaar kom een van ons kleingroepleiers na my toe en vra of ek en Anru (My jong kollega) nie hulle kleingroep se volgende byeenkoms wil bywoon nie. Hy deel met ons ‘n paar gedagtes en ons is dadelik opgewonde. Toe ons by die kleingroep kom is dit nie baie mense nie, maar die Here het oor die laaste twee jaar met die kleingroep ‘n besondere pad gestap. Soveel so dat hulle die missionêre gedagte nie net verstaan het nie, maar dat die Heilige Gees in hulle harte ‘n behoefte wakker gemaak het om in die gemeenskap ‘n verskil te maak.
Hulle probleem is egter tyd. Lees voort “POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD (2)”