POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD

Ek het nou reeds vier keer my gedagtes oor Post-Christendom neergepen. Hier en hier en hier en hier. Ek dink steeds dat ons eerder vroeër as later sal moet besef dat ons nie die post-moderne mens in ‘n post-Christendom konteks met modernistiese bedieningstyle gaan bereik nie. Ons gaan dalk daarin slaag om tot ‘n mate ons eie te behou maar, statistiese navorsing oor hierdie saak is duidelik daaroor dat in elke generasie ‘n kleiner persentasie kerk toe gaan. Gaan lees gerus HIER.

Die vraag is: Is daar ‘n alternatief?

Ek twyfel nie daaroor nie. Daar is hoop. Een gemeente wat my hoop gee is St Thomas Gemeente in Sheffield. St Thomas kerk het twee kampusse. Die een (Crookes kampus) is die vinnigste groeiende kerk in Europa en die ander (Philadelphia) is die grootste kerk in Europa.  Mike Breen is die man wat op ‘n wonderlike manier deur die Here hiervoor gebruik is.

Die werkswyse is missionêre geloofsgemeenskappe of Missional Communities. Op hulle webblad word hierdie groepe so beskryf:

Missional Community or missional communities (also called Clusters, Go Communities, Mid-Sized Communities, Mission Shaped Communities, MSCs) are generally groups of 20 or more people who are united, through Christian community, around a common service and witness to a particular neighborhood or network of relationships. These differ in size and scope from typical Small Groups that are often made up of approximately a dozen people with a focus on internal fellowship and Bible Study. Missional Communities do place a strong value on life together, the group has the expressed intention of seeing those they impact choose to start following Jesus, through this more flexible and locally incarnated expression of the church. The result will often be that the group will grow and ultimately multiply into further Missional Communities. Missional Communities are most often networked within a larger church community (often with many other Missional Communities). These mid-sized communities, led by laity, are “lightweight and low maintenance” and most often meet 3-4 times a month in their missional context.

Missionêre geloofsgemeenskappe kom neer op ‘n groep gelowiges wat in intieme verhouding met God, mekaar en die gemeenskap op een of ander wyse diens lewer of nood verlig. Elkeen wat deel is van hierdie geloofsgemeenskap speel ‘n rol in dit wat die betrokke geloofsgemeenskap doen. Wanneer hulle byemkaarkom, is dit in die omgewing van die gemeenskap war hulle werk. Sondae woon hulle gewoonlik eredienste by, alhoewel hulle ook aangemoedig word om eredienste te hou in die omgewing of gemeenskappe waar hulle “werk.”

More ‘n bietjie meer hieroor.

Vraag: Hoe sou jy daaroor voel om deel te wees van so ‘n groep mense?

17 Kommentaar

Filed under Die Kerk, Missionaal, Post Moderniste, Post-Christendom

17 responses to “POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD

  1. Johan

    Attie, Ek verstaan nou nie so mooi al die goete nie, maar ek glo en ek weet dat daar alyd kerke sal wees en dat daar altyd mene sal wees wat kerk toe gaan, hetsy dan ook onder ‘n boom in die veld. Antwoorde op die vra het ek nie, maar wat ek wel weet is dat kerke (lees Christene) meer diensbaar sal moet raak in hulle omgewings. Daarmee saam sal daar eenvoudig net nuwe inisiatiewe / metodes gevind moet word om godsdiensbeoefening ten beste te verander beginnende in ons eie omgewing en nie net vie een uur op ‘n Sondag ‘n erediens by te woon terwyl die kerke die meeste van die tyd onbenut as monumente in dorpe staan. Attie, julle as geestelike leiers het ‘n reuse taak om die kerk en godsdiensbeoefening weer die sentrum van enige gemeenskap te maak. Ja, ek en my huis is reg en gereed om meer diensbaar te raak selfs in so ‘n groep waarvan jy praat.

  2. Johan: Ek skryf more oor ‘n voorbeeld. Ek twyfel ook nie vir nie een oomblik dat daar altyd mense sal wees wat Sondae kerk toe gaan nie. Ek stem ook met jou saam dat ons die fasiliteite wat die Here vir ons gegee het meer produktief tot eer van sy naam sal moet gebruik. Ook op ander dae in die week.

  3. Môresê Doom
    Hoop die koffie gaan vanoggend makliker af.
    Soos Johan verstaan Ding ook nie helemal presies wat Doom hier in gedagte het nie.

    “Ons gaan dalk daarin slaag om tot ‘n mate ons eie te behou maar, …”
    Dis DIE stukkie wat Ding gooi dat Ding onseker is oor wat Doom in gedagte het. Sal wag vir die voorbeeld.

    Intussen net hierdie gedagtes van Ding: Doom, die ideaal sou wees dat lidmate inderdaad meer betrokke sou wees by “kerklike dinge”. Ding is seker daar is reeds gemeentes wie nie “net op Sondag kerk hou nie”. Ding is seker daar is reeds gemeentes waar daar (haas) elke dag geleentheid vir gemeentelede is om prakties deel te neem aan uitreikingswerk en dies meer. Dat geleenthede om betrokke te raak, reeds in plek is.

    In Tadcaster byvoorbeeld is daar jare gelede al weggedoen met aanddienste. Aanddienste is vervang met sogenaamde wyksbyeenkomste. Prakties het dit ingehou dat elke wyk sy eie “aanddiens” hou by een van die lidmate se huise. Die vorm van die aanddiens word oorgelaat aan die wyk. Opkoms en bywoning van die wyksbyeenkomste is steeds goed – baie beter as wat aanddienste ooit bygewoon is.

    Klein goedjies, Doom, soos die hele Sondagoggend-preek word in ‘n bladjie gedruk elke Sondag. Vir die wie bywoon, maar ook vir die wie nie die diens kon bywoon nie. Soos Moedertjie – Heilige Petrus het elke Sondag kerkparade gestaan na die diens, kompleet papiertjie in die hand moes hy die preek kom “oorpreek” vir Moedertjie, toe sy nie meer kerk toe kon gaan nie. DIT het haar laat voel dat sy tog by die kerk was. Ek kan steeds daai dominee nie genoeg bedank vir wat hy daar gedoen het nie – dit het ‘n kosbare instelling tussen Moedertjie en my broere geword.

    Jare gelede, as student, het ons georganiseerde geleenthede gehad soos om bv. op ‘n Dinsdag en Donderdag, in die aand, vir bejaardes in ouetehuise te gaan kuier; ons het selgroepe gehad vir Bybelstudie in die week. Daar was op ‘n ander dag besoeke aan hospitale.

    Daar is nog voorbeelde, maar soos Ding seg, Ding weet nie presies wat Doom in gedagte het hier nie en Ding sal eerder eers presies wil hoor?

    Dankie vir die gesels!
    Grondgroete
    D

  4. Ding: “Ons gaan dalk daarin slaag om tot ‘n mate ons eie te behou…” Eerstens, daar is baie kerke wat inderdaad sulke dinge doen waarvan jy hier praat. Ek dink dit is net ‘n voorbeeld van hoe maklik die missionêre leefstyl eintlik kom. Op ‘n manier is hierdie dinge in Christene se bloed. Christene wil missionêr wees. Christen gaan missionêr wees.

    Maar, die kerk se roeping is: Gaan maak dissipels. Gaan oortuig mense wat nog nie sy plek in God se verhaal ingeneem het nie, om daardie plek in te neem. As ons nie hierdie dissipelmaakaksie ernstig neem nie, gaan ons net die behou wat nou daar is en volgens nuutste navorsing 12% van die kinders van die wat nou in die kerk is.

    Die gebeure kort voor en na 1994 het die kerk egter in sy dop laat kruip en vir baie redes het die kerk na binne gekeer geraak. Nou is die uitdaging om dit om te draai en na buite te gaan en die wat daar buite is nader te bring. Dalk eers deel van so ‘n missionêre groep en later deel van die erediens en nog later deel van die gemeente van Christus.

    Woordgroete.

  5. Attie, ek wil eintlik meer uitgebreid reageer, en sal dalk iewers so maak, maar dalk net ‘n opmerking vir die oomblik.

    Ek wil waag om te sê ons was al ‘n hele paar keer op presies dieselfde plek as waar jy ons heevat met hierdie post, en skynbaar het dit nie gewerk nie. Kom ek verduidelik:

    Jou voorbeeld is ‘n megachurch met een of ander vorm van baie persoonlike deelname, wat gefokus is daarop dat ons buite die kerk iets moet gaan doen. Die voorbeeld is egter ook te vinde in ‘n uiters ryk deel van ‘n uiters ryk stad, wat skielike ekonomiese beweging toon (Sheffield sedert 2004 soos ek verstaan).

    Bekendste voorbeelde sal wees: Willow Creek Community Church. Saddleback Church (maar as ons bietjie verder in die geskiedenis teruggaan, of na ‘n bietjie meer konserwatiewe deel van die kerk, kan ons ook maar Coral Ridge Presbyterian Church byvoeg, of aan die ander kant van die spektrum Mars Hill Bible Church). Almal wou by die gemeenskap uitkom, almal is egter in stinkryk gebiede gestig (Coral Ridge bietjie anders omdat dit ‘n bestaande gemeente was sover ek onthou) en het gemaak of hulle ‘n model vir die wêreld kan wees (Mars Hill is dalk hier minder skuldig). Nou stel jy St. Thomas’ Church voor, wat lyk my maar weer dieselfde storie is. Baie nuwe geld, megachurch wat teen ‘n ongelooflike tempo groei. Probleem is, as dit die voorbeeld is wat ons wil volg, dan gaan ons maar net so gefrustreerd bly soos altyd (want niemand van ons het die geld om hulle na te volg nie). Ek wil raai dat ons dan maar net oor 10/12 jaar die volgende megachurch iewers in die volgende ryk voorstad gaan inroep as voorbeeld. Wat ons nodig het is die voorbeelde van hoe daar ‘n gemeente in die Moot is wat regkry om die skuiwe te maak op so manier dat elke gemiddelde gemeente dit kan navolg.

  6. HA! Ek HOU hiervan. Sien, die dinge wat deur die gemeentelede/lede van die kerk gedoen word, word nie net vir die “kerk se mense” gedoen nie. Die kerkstruktuur skep geleenthede om uit te reik en juis deur dade van ander dissipels te maak. Soos, net een persoon het sonder praat, maar met doen en lewe, my oortuig ek wil ook weer terug. Net so: vir die wie nie dienste kan bywoon nie, kan die “erediens na hulle geneem word”. Net so: wanneer daar buite die kerkverband, in sosiale of werkverband diens verrig word, raak dit mos nie net die kerk se lede nie.

    Ding is tevrede met die begrip van waaroor ons praat – die vraagstuk is seker die “hoe” ‘n mens dit grootskaal op gestruktureerde wyse gaan bereik, en nie meer “of” dit gedoen moet word nie.

    Ding wonder volgende oor die jongmense wie in die kerk opgroei, Doom. Hoeveel van hulle “bly” in die “kerk”? Hoeveel tieners WIL by die kerk betrokke wees? Hoeveel jongmense WIL by die kerk betrokke wees? Ding vermoed dit is minder as wat dit behoort te wees en as wat dit kan wees. En dan is die vraag nie net hoekom nie, maar ook, natuurlik, HOE gemaak om ons kinders, tieners, jongmense betrokke te hou by die kerk?

    Grondgroete (Ding hou darem maar seer baie van Doom Attie se manier)
    D

  7. Cobus: Ek dink nie ons moet St Thomas probeer wees nie. Ek wil die aandag vestig op die werkswyse wat wonderlike groei tot gevolg gehad het. Onder andere het Mike Breen hulle meer as 600 nuwe gemeentes in drie jaar dwarsoor Europa gevestig. St Thomas het ‘n werkswyse wat neerkom op missionêre gemeenskappe en dit is die werkswyse van die missionêre genmeenskappe wat my aandag trek. Ek vertel wel more van wat een groep by ons begin doen het. My gevoel is net dat ‘n kleingroepbediening wat net fokus op die kleingroep en die “koinonia” tussen die lede laat ‘n geleentheid om diensbaar te wees by hulle verbygaan.

  8. Ding: Ek weet nog self nie hoe gereed ons mense is om hierdie sprong te maak nie. Ek is nie so seker of dit te grootskaals en te gestruktureerd aangepak moet word nie. Ek dink as ons gemeentelede kan toerus met ‘n passie vir dit waarmee God besig is, sal hulle waar hulle ookal heengaan kerk kan wees. Oor die jongmense en hulle deel wees van die kerk…. nog baie gesprekke.

  9. Attie, jy sal vir my moet wys waarom dit wesenlik anders is as die baie ander voorbeelde van “suksesvolle” kerke. Dis mooi om te hoor dat hulle 600 gemeentes gevestig het, maar dan kan ons maar mos by enige van die revival movements van die afgelope 100 jaar gaan stilstaan? Of ons kan vir almal vertel dat daar ‘n boer in Natal is wat binne ‘n paar jaar ‘n mannekamp van hoeveel duisend mense bymekaargekry het. Ek sukkel om die verband tussen jou “antwoord” en die “probleem” van die vorige posts te sien. Om die waarheid te sê, dit lyk my die antwoord laat die kerk eintlik baie goedvoel! Dit wil ons laat glo dat “post-Christendom” gaan daar ‘n klomp kerkgroei wees, ‘n klomp nuwe gemeentes geplant wees, gaan ons die wêreld verander met ons massas uitreike. In kort: daar is sukses op die horison! Dit klink vir my soos die antwoord wat ons graag wil hoor, maar ek weet nie of dit die antwoord is wat ons deur die volgende 50/100 jaar gaan dra nie.

  10. Cobus: Die antwoord lê vir my in die missionêre gerigtheid en die mobilisering van die wat dalk net die revival movenments se byeenkomste bygewoon het of een maal per jaar opgeruk het na ‘n plaas in Natal of een keer ‘n week na ‘n erediens in ‘n kerkgebou en daarna teruggaan asof niks gebeur het nie. Wat Mike Breen hulle reggekry het is met hulle werkswyse nie net lidmate rond te skuif nie. Hulle het mense se nood raakgesien en heel eerste betrokke geraak deur hulle nood aan te spreek wat tot gevolg gehad het dat hulle deel van die kerk geword het.
    Waar dink jy moet ons na ‘n antwoord gaan soek?

    • Johan

      Weer ekke Attie. Wat jy antwoord klink vir my mooi. Mens moet iewers begin om diensbaar te raak en die res kom van self. Praat bietjie oor jou voorbeeld more. Wat belangrik is, is dat daar oor die goed gedink en gepraat wor en dit is opsigself al ‘n reuse stap in die regte rigting.

  11. Pingback: Heer waar dan heen, is die kerk oppad heen? « die ander kant

  12. Pingback: POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD (2) | Attie se koffietafel.

  13. Christelle van der Walt

    Ek sien niks verkeerd met so ‘n groep nie. Hoekom maak mense alles so gekompliseerd?

    Kon daar nie maar net een soort Kerk gewees het op hierdie aarde nie met die verskillende tale natuurlik maar alles binne die Kerk moes presies op dieselfde wyse gefunksioneer het.

    Ek sien dit soos horingstjies wat oral uitpop, die een Kerk maak so en die ander so en daar is nou al soveel verskillende soorte Kerke dat ek heeltemal verdwaald is. Ek weet nie meer waar pas ek in nie.

  14. Christelle – die hartseer is dat dit juis is wat die erg tradisionele kerke wou gedoen het. Elke Sondag gebeur in al die gemeentes van daardie denominasie (Dink maar aan die Rooms Katolieke kerk) dieselfde goed in dieselfde volgorde. Die Susterskerke (NG; Hervormd: Gereformeerd) was in ‘n groot mate ook so. Mense is egter nie orals dieselfde nie en mense het evrskillende behoeftes en daar is geen duidelike voorskrif in die Bybel oor hoe en wat ‘n kerk of gemeente moet wees nie.
    DIt lyk tog vir my jy het die behoefte om iewers te “behoort” My raad is: Soek ‘n gemeente of ‘n groep waar jy tuis voel en dan verbind jy jouself tot daardie groep deur te aanvaar dat alles nie altyd maklik en goed en mooi gaan wees nie, maar jy gaan daar bly. Word in daardie gemeente of groep deel van God se antwoord aan hierdie wêreld. Met die verloop van tyd sal jy agterkom jy pas daar in.
    Sterkte.

    • Johan

      Ek stem saam met Attie. Maak ‘n keuse waar jy wil wees en blom wsar jy geplant is totdat ons almal eendag saam voor die voete van die Vader sal sit. Die perfekte kerk wat almal pas bestaan nie op aarde nie agv die sondige natuur van die mens.

  15. Christelle van der Walt

    Dit is waar. Dit is die tipe mense in ‘n gemeente wat die Kerk laat blom en gesond hou. My grootste vrees is wanneer Satan homself vermom as ‘n engel. (goeie een) Ek sien dit oral al hoe meer.

    Ek trek my wapenrusting aan en ek omgord my met die Woord van GOD.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s