‘n sondaar en woede

Kwaad word of woede is ‘n deel van elkeen van ons se lewens. Alhoewel almal van ons nie op dieselfde manier reageer wanneer ons kwaad word nie, beteken dit nie dat daar enige mens is wat nie kwaad word nie. Almal word kwaad, almal wys dit net nie op dieselfde manier nie.

Volgens wat ek lees is daar hoofsaaklik vier dinge waarop mense met woede reageer. Die vier is:

  • Wanneer ek nie met die nodige respek hanteer word nie.
  • Wanneer ek nie met die nodige menswaardigheid hanteer word nie.
  • Wanneer ek onregverdig behandel word.
  • Wanneer ek onbillik behandel word.

In sulke oomblikke word mens kwaad, somtyds woedend, en mense reageer dan verskillend op hierdie woede:

  • Verbale uitbarsting.
  • Beskuldigings.
  • Sarkasme.
  • Slegsê.
  • Skinder.
  • Kla.
  • Intimidasie.
  • Kritiek.
  • Onttrekking.
  • Fisiese geweld.

Daar is drie maniere waarop mense hierdie woede kan hanteer:

  • Passiewe woede: Ek blameer myself en soek na maniere om myself te straf oor wat gebeur het.
  • Aggressiewe woede: Blameer ander en soek maniere om hulle te straf oor wat gebeur het.

Die derde manier om woede te hanteer is selfhandhawend. Selfhandhawende woede vereis volwassenheid en selfdissipline. Selfhandhawing beteken dat ek nie al die skuld aanvaar nie en ook nie al die skuld op iemand anders plaas nie. Selfhandhawing beteken:

  • Aanvaar dat die mees vaardige en bekwame mense soms foute maak – ek ook, die ander persoon ook.
  • Soek na dit wat die beste sal wees vir al die partye betrokke in die situasie – nie net die beste vir myself nie, nie net die beste vir die ander persoon nie. .
  • Probeer verstaan wat die ander persoon dink en hoe hy/sy voel – probeer nie net om die ander een te laat verstaan hoe ek dink en voel nie.
  • Ken die waarde van vergifnis – sodat griewe of woede opkrop nie. Gee vergifnis en aanvaar vergifnis.
  • Is buigbaar en bereid om saam met die ander een na alternatiewe te soek – dring nie daarop aan dat almal by my moet inval nie en aanvaar nie elke keer die ander persoon se alternatiewe nie.
  • Bewus dat alle mense (ek ook, maar nie net ek nie) ruimte vir groei en verbetering het.

Selfhandhawing beteken dat ek vanuit ‘n realistiese verstaan van die situasie die beste oplossing soek. Die aanvaarding van alle skuld is nie die beste oplossing nie, maar om al die skuld op die ander een te plaas, is ook nie die beste oplossing nie.

Die volgende werkswyse kan dalk help:

  1. Identifiseer wat maak dat jy kwaad of verontreg voel.
  2. Aanvaar jou kwaad wees deur jouself toestemming te gee om kwaad te wees.
  3. Besluit om jou kwaad wees op ‘n verantwoordelike wyse te hanteer.
  4. Dink aan dinge wat jy kan doen om die emosie van kwaad wees te laat weggaan.
  5. Kommunikeer jou kwaad wees aan die ander persoon deur “Ek..” boodskappe.
  6. Luister na die ander persoon en maak seker jy verstaan reg. As jy twyfel sê iets soos: “Het ek jou reg gehoor?” “Help my om te verstaan wat jy bedoel.”

Bid vir wysheid en kamlte en selfbeheersing en begrip en nederigheid en liefde.

Onthou: Dit is onrealisties om te verwag dat ‘n mens nooit driftig sal raak wanneer jy jou woede hanteer nie, dit gaan heel waarskynlik gebeur, maar gesonde selfhandhawing sal die situasie ontlont.

“As julle kwaad word, moenie sondig nie,

en moenie ‘n dag kwaad afsluit nie.

Moenie die duiwel ‘n vatkans gee nie.”

(Efesiërs 4:26-27)

3 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

3 responses to “‘n sondaar en woede

  1. meermin

    Woede … ek is baie bang vir daardie woord, omdat …. woede maak van mens ‘n ondraaglike moeilike mens om mee saam te leef, hoekom al hierdie woede uitbarstings? Hoekom moet ‘n man sy hand vir ‘n vrou lig? Hoekom moet die man juis altyd die laaste woord in kry? Ek draai maar om en loop die huis uit ….

  2. meermin: Ongelukkig kan ‘n mens nie ander se woede beheer nie, net jou eie. Die feit dat ons ons eie woede behoort te beheer, beteken nie dat ons te alle koste ‘n ander se aanslag van woede moet aanvaar nie. Daar kom ‘n tyd wat ‘n mens inderdaad jou rug draai en uitstap en selfs wegstap.

  3. Ek hou baie van hierdie prakties-toepasbare inskrywings wat jy doen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s