generasie f(facebook) en die kerk

Baie word geskryf oor hoe die Internet die kerk gaan beïnvloed (volgende artikel). Voordat ons daarna kyk, moet ons eers let op ‘n nuwe ontluikende geslag: Generasie F (die F is vir Facebook). Hierdie is ‘n geslag wat grootgeword het met die Internet — hulle ken nie ‘n tyd toe daar geen Internet was nie. Hulle verbind nie met die tradisionele organisatoriese strukture met hulle duidelike reëls aangaande kommunikasie en gesag nie — hulle verwag iets meer deelnemend en ontspanne.

Mark Brown het op sy Brownblog na enkele kenmerke van hierdie generasie gekyk — en hoe dit die kerk mag beïnvloed:

Alle idees staan op gelyke voet

Op die Web het elke idee die vermoë om ‘n aanhang te trek of nie. Niemand het die reg om ‘n idee of ‘n debat wat verleentheid veroorsaak, dood te druk nie. Idees word aanvaar as gevolg van hulle moontlike meriete — nie as gevolg van die politieke mag van die voorsteller nie.

Wat hou dit vir die kerk in? Nuwe idees kan begin los van die kerkleierskap — leraar en kerkraad. Die leierskap moet hierdie idees aanmoedig deur die nodige hulpbronne te voorsien. Hulle moet ook die geleentheid skep dat hierdie idees wyer getoets kan word.

Jou bydraes is belangriker as jou getuigskrif

As jy ‘n video op YouTube plaas, vra niemand of jy ‘n filmskool bygewoon het nie; as jy ‘n blog plaas, vra niemand of jy ‘n joernalistieke kwalifikasie het nie — en niemand gee om nie. Posisie, titel en akademiese kwalifikasies — die gewone statussimbole — dra geen gewig nie. Wat op die Web belangrik is, is nie jou CV nie, maar wat jy kan bydra.

Kerke sal weer moet besin oor hulle streng voorwaardes — die regte graad van die regte universiteit — vir leraars. Hulle moet meer fokus op wat die persoon in staat is om te doen.

Hiërargieë is natuurlik en nie voorgeskrewe nie

In elke Web-forum is daar mense wat meer gerespekteer word en meer aandag kry as ander. Gevolglik het hulle meer invloed. Hierdie individue is nie deur ‘n hoër gesag aangestel nie. Hoe gebeur dit? Hulle eweknieë erken hulle en dit geskied vrywillig. Op die Web vloei gesag van onder na bo — anders as die gewone vloei van bo na onder.

Die kerk moet mense identifiseer wat invloed uitoefen en hulle ondersteun. Die kerkraad moenie langer mense identifiseer en vir die lidmate sê: Dit is jou leier, nie.

Leiers dien — hulle sit nie voor nie

Op die Web is elke leier ‘n dienaar-leier. Niemand het die mag om te beveel of te sanksioneer nie. Geloofwaardige beredenering, bewese kundigheid en onselfsugtige gedrag is die enigste hefbome wat jy het om mense meer te laat doen. As jy hierdie beginsel oorboord gooi, sal jy binnekort geen volgelinge meer hê nie.

Die sleutel tot sukses is dat die dienaar-leier presies moet weet wat die mense wat hy dien, nodig het. Die kerk moet sy terugvoerstrategieë vir leiers verbeter. Slegs dan kan ingeligte besluite geneem word.

Take word gekies — nie toegesê nie

Of jy nou ‘n bydrae lewer tot ‘n blog of aan ‘n oop-bron projek werk of raad gee op ‘n forum, mense verkies om aan dinge te werk wat vir hulle interessant is. Elkeen op die Web is ‘n onafhanklike kontrakteur.

Die kerk sal samewerkingsinstrumente moet ontwikkel. Meer en meer mense gaan saamwerk — maak nie saak waar in die wêreld hulle woon nie. Een-op-een gesprekke is net nie meer voldoende nie.

2 thoughts on “generasie f(facebook) en die kerk

Add yours

  1. Sjoe Attie dit klink amper asof hier ‘n utopia beskryf word. Is dit nie wonderlik dat daar ‘n omgewing is waarin slegs dit wat meriete het, al is dit meriete soos deur die massas bepaal, ondersteun word nie?

    Wat my ook nog tref van die Internet is die kollektiewe aard daarvan. Geen indiwidu kan ooit hoop om almal se aandag heeltyd op homself te vestig nie. Dit gaan oor die kollektiewe bydrae waarin elkeen tot die beste van sy vermoe bydras lewer.

    Onwillekeurig wonder ek waarheen dit nog sal ontwikkel.

  2. flippie: Ek het ‘n passie vir God en vir die kerk as die liggaam van Christus, en vir my word die kuberruimte ‘n nuwe geloofsgemeenskap. Mense is hier om te luister, maar ook om terug te praat. ‘n Mens gaan nie altyd hoor wat jy wil hoor nie, maar met ‘n klein bietjie openheid kan ons mekaar vorm en opbou.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: