Leonard Sweet was die eerste persoon wat my ‘n bietjie anders laat dink het oor Abraham.
Die eerste keer toe ek lees dat ons moet seker maak dat ons nie Abraham se geloof so moet idealiseer dat ons sy optrede van kleingeloof en ongehoorsaamheid mis kyk nie, het dit my twee keer laat dink oor hoe ons aan en oor Abraham dink.
Sweet het een voorbeeld uit Genesis aangehaal om te wys dat Abraham nie regtig so ‘n besondere gelowige was nie.
Abraham bly egter een van die belangrikste figure, indien nie die belangrikste nie, in die Bybel Lees voort “abraham – die vader van gelowiges”