Die boek Jona lok dikwels baie gesprek uit as gevolg van die groot vis wat vir Jona inggesluk het en weer op die strand uitgespoeg het.
Die algemene redenasie is dat dit die vis nie kon bestaan het nie, en daarom word die geloofwaardigheid van die boek – en soms die Bybel – bevraagteken. Ek is daarvan oortuig dat die boek Jona wel ‘n boodskap het wat ons dalk kan mis indien ons die baba saam met die badwater uitgooi.
Daar is net twee verse in die boek waarin daar na die vis verwys word, maar die rol van die vis in die boek moet nie onderskat word nie.
Na my mening is daar twee maniere waarop daar na die boek Jona gekyk kan word. Lees voort “jona – god bly op my spoor”