Om in Jesus as die Seun van God en Verlosser te glo, is om ‘n dissipel van die Here Jesus te wees. In Markus 1:15 begin Jesus sy bediening op aarde en kondig Hy aan dat die koninkryk van God nou naby gekom het. Onmiddelik daarna roep Hy sy eerste dissipels en die roeping kan nie losgemaak word van die aankondiging van die aanbreek van die koninkryk van God nie.
Roeping beteken dat hulle uitgenooi word om hulle te onderwerp aan die koningsheerskappy van God.
Om dissipel en burger van God se koninkryk te wees beteken nie dat Jesus nou opgevaar het na die hemel en aan die regterhand van God sit en nou wag dat ‘n klomp dinge gebeur voordat Hy terugkom nie. Lees voort “dissipelskap”