dankbaarheid

Ek lees Genesis 32, daardie baie bekende gedeelte oor Jakob by die Jabbok toe hy oppad is om sy broer Esau, wat hy by meer as een geleentheid lelik om die bos gelei het, te “face”.

In die Jabbok is hy doodsbenoud, hy het alles moontlik probeer, maar Esau is met 400 man op pad na hom toe. Lees voort “dankbaarheid”

INTUSSEN

Dit is ‘n baie lang tyd sedert ek ‘n koppie koffie hier by die tafel kom drink het in die hoop dat iemand verby sal stap en ‘n koppie saam sal kom drink. Intussen het daar soveel dinge gebeur, sommige dinge lekker en goed en ander dinge sommer net iets wat jy wens nooit gebeur het nie.

Ons het ‘n baie moeilike en emosionele saak gehad wat ons as gesin in die gesin moes deurwerk. Lees voort “INTUSSEN”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑