jona – god bly op my spoor

Die boek Jona lok dikwels baie gesprek uit as gevolg van die groot vis wat vir Jona inggesluk het en weer op die strand uitgespoeg het.

Die algemene redenasie is dat dit die vis nie kon bestaan het nie, en daarom word die geloofwaardigheid van die boek – en soms die Bybel – bevraagteken. Ek is daarvan oortuig dat die boek Jona wel ‘n boodskap het wat ons dalk kan mis indien ons die baba saam met die badwater uitgooi.

Daar is net twee verse in die boek waarin daar na die vis verwys word, maar die rol van die vis in die boek moet nie onderskat word nie.

Na my mening is daar twee maniere waarop daar na die boek Jona gekyk kan word. Die eerste is natuurlik om te aanvaar dat die vis wel vir Jona ingesluk het en na drie dae op die strand uitgespoeg het. Die rede waarom die redenasie sin maak is omdat God almagtig is en dat Hy vry is om iets te doen selfs al ons dit nie kan verklaar nie en nie vir ons sin maak nie.

Die tweede moontlikheid is natuurlik om Jona as ‘n gelykenis te verstaan wat vertel word met die doel om ‘n bepaalde boodskap oor te dra. Daar is in elk geval verskeie gelykenisse in die Ou Testament, maar veral in die Nuwe Testament wat sekere waarhede oordra. Natan het ‘n gelykenis vertel om Dawid van sy skuld en sonde bewus te maak.

Ek kies om te glo dat die vis wel deur God geskep is, maar weereens: selfs al sou iemand dit nie glo nie, bly die boodskap dieselfde.

Die boodskap wat ek veral uit Jona 1 kry, is dat ons kan hardloop so ver en so vinnig as wat ons kan hardloop, maar die Here sal ons nie uitlos nie. Die Engelse het ‘n lekker woord: “pursue”. God laat ons nie alleen nie, Hy “pursue” ons, Hy bly op ons spoor. “You can run, but you cannot hide.”

So lank as wat Jona gehardloop het, was God op sy spoor. God stuur die storm wat die skip en die lewe van die matroese bedreig en beheer die lootjies sodat die matrose weet dat Jona die skuldige is en God stuur die vis om Jona in te sluk en weer uit te spoeg, sodat God sy doel met Jona kan bereik.

Daar was tye toe ek vinnig en ver gehardloop het, maar vandag besef ek dat God my “pursue” het. Ander kere het ek gehardloop, maar nie so ver nie, en dan was ek dankbaar dat die Here my sommer gou ingehaal het.

Koos du Plessis se bekende liedjie: “Elke keer het U my iewers kom haal, maak dit Heer die laaste maal.” (Ek hoop ek het die woorde reg.)

Francis Thompson het ook die baie besondere gedig “The Hound of Heaven.” hieroor geskryf.

Die wonderlike in my eie lewe is dat elke keer wat die Here my weer kom haal, bly ek ‘n bietjie langer en wanneer ek hardloop, hardloop ek ‘n klein bietjie stadiger en nie so ver nie.

Genadiglik oortref God se getrouheid myne by verre.

7 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

7 responses to “jona – god bly op my spoor

  1. Onseker

    Wie van ons het dan nie afgedwaal of weggedwaal om dan maar net weer te ontdek dat die Here nie met ons moed op gee en ons nooit alleen laat nie.

  2. Ja Attie hy “pursue” ons!! Ek het dit ook die laaste paar maande ondervind. Dankie tog daarvoor – want weghardloop is eindelik my 2de naam!!

  3. Onseker en Wipneus: Ek vind baie troos en bemoediging in hierdie wete.

  4. tweelingkind

    Die wonderlike in my eie lewe is dat elke keer wat die Here my weer kom haal, bly ek ‘n bietjie langer en wanneer ek hardloop, hardloop ek ‘n klein bietjie stadiger en nie so ver nie.

    Baie waar en dieselfde met my.

  5. Die boek Jona is ‘n besondere boek, want mens kan nogal met Jona identifiseer. Dis soos jy skryf: die Here is baie meer getrou en Hy sal mens aanhou pursue. Ek is so dankbaar daarvoor want anders weet ek nie waar ek vandag sou gewees het nie.

  6. tweeling en flippie: Daar is ‘n liedjie: “Baie diep haal Hy my uit. Hy plaas my voete op ‘n stewige Rots.”

  7. Carl Jordaan

    Die gedeelte het soveerl hoeke. Die een wat vir my uitstaan is dat n klomp matrose wat die Here nie ken nie, deur Job se ongehoorsaamheid tot geloof in God kom. Dit is mense van verkillende gelowe wat dui dat hulle van verskillende nasies kom. En hulle loop hulle in n storm vas wat hulle nie verdien het nie. En Job weet baie goed wat aan die gang is, hy kruip in die boot se vragruim weg en raak aan die slaap. Hy is n passasier en hy besef duidelik dat hy die vark in die verhaal is. Hierdie boot gaan terwille van hom onder. En as die manne uitvind dit is oor hom, sal hulle dalk nie vir vir hom lekkers koop nie. Die lot bepaal egter dat die storm oor hom gaan, en die mense kom tot bekering. God gebruik die storm en die ongehoorsaamheid van Job om mense tot geloof te bring.
    Ons beleef ook soms storms wat ons nie voor verantwoordelik is nie. Vat nou maar die wereld resessie en die verwoestend invloed wat dit op mense het. Ons moet toelaat dat God ook ons lewe daardeur skaaf. Hoe kan ons uitreik en help. God is in beheer. God dra ons deur.
    John Newton het tyens n see storm besef waarheen hy op pad is toe die storm, wat sy seerower skip getref het en sy lied amazing grace getuig getuig van wat die storm in sy lewe gedoen het.

    God kan ook met ons deur die storms in ons lewe praat en soms is n storm n goeie ding.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s