Lees hier ‘n GEBED vir vandag.
Ek maak vandag (Vrydag 31 Augustus) preek met die oog op Sondag. Ek preek Sondag-oggend uit Jona 4. Warren Wiersbe se opskrif in sy kommentaar oor Jona 4 is: “God in the hands of an angry sinner.” Dit gebeur soms dat ‘n mens kwaad word vir God. Jona was egter kwaad omdat God se genade volgens hom (Jona) te groot was. Lees bietjie deur Jona 4. Wat dink jy is die boodskap van Jona.
(Geen waarborg dat ek dit wat jy sê gaan gebruik nie, maar ek sal ook nie huiwer om jou kommentaar te gebruik as dit sal help om die boodksap oor te dra nie. Ek wil sien jy die teks verstaan en kyk of dit my gaan help om te verstaan hoe die mense wat Sondag voor my sit die teks verstaan. Dalk het jy jou eie stukkie Jona-geskiedenis wat jy wil vertel – die kanse dat ek dit sal gebruik is redelik goed.)
1. Hieroor was Jona baie ontevrede en hy het baie kwaad geword. 2. Hy het tot die Here gebid en gesê: 4. Toe vra die Here vir hom: 5. Jona is toe uit die stad uit. Hy het oos van die stad gaan sit en vir hom ‘n skerm gebou. Hy het daaronder in die skaduwee gaan sit om te sien wat in die stad gebeur. 6. Toe laat die Here God ‘n komkommerplant opkom, en dit het bo-oor Jona gerank om skaduwee te gee vir sy kop en om hom van sy misnoeë te bevry. Jona was baie bly oor die komkommerplant. 7. Die volgende môre met dagbreek laat God toe ‘n wurm kom, en dit het aan die komkommerplant gevreet, sodat dit verdroog het. 8.Toe die son opkom, het God ‘n skroeiende sterk wind uit die ooste laat waai. Die son het vir Jona op sy kop gesteek, en hy het baie swak geword en gewens om maar liewer te sterf. Hy het gesê: 9. Toe vra God vir Jona: en Jona antwoord: 10. Die Here het vir Jona gesê: 11. Maar Ek mag nie besorg wees oor die groot stad Nineve nie, ‘n stad waarin daar meer as honderd en twintig duisend mense is wat nie weet wat reg of verkeerd is nie, en ook nog baie diere? |
Hier kan jy KOMMENTAAR lewer of ander se kommentaar lees.
(31/08/07/644)
Hi ds. My verstaan uit die teks is die volgende.
1. Jona het goed verstaan hoe God is. (barmhartige God, lankmoedig en vol liefde) en ook van God se groot genade).
2. God het vir Jona gesorg(met komkommerplant) al was Jona kwaad maar dit lyk nie asof Jona gesien het of dankbaar was dat dit God is wat dit ook voorsien het nie.
3. Jona was ’n persoon wat te maklik op gegee het. As dit moeilik gegaan het was dit vir hom beter gewees om te sterf as om te lewe.
4. Hy gee vir God die skuld “dat hy besig is om te sterf” agv die komkommerplant al was dit sy besluit om uit die stad uit te trek.
5. Ons sien nie altyd raak wat God vir ons gee nie en sien ook nie om na dit nie.
6. Soos ta’ Joyce Meyer altyd sê “It’s all about me”
7. God is besorg oor oor elke mens wat nie weet wat reg of verkeerd is nie.
8. Ons is nie genoeg “besorg” waaroor God besorg is nie. Ons groot opdrag/ons doel is nie net om te oorleef in die wêreld nie maar om te laat leef(ewige lewe) deur aan ander God se liefde, genade en die Evangelie oor te dra.
Groete
Het gister ge-antwoord maar dit het nie deur gegaan nie, so hier is dit nou weer.
Op n stadium het ek gereeld Kaap toe en terug gevlieg. Wanneer ons dan oor die dorpies, plaasopstalle en paaie vlieg en die voertuie so klein lyk dat jy dit skaars kan sien, het ek my verwonder oor ons God wat die heelal geskape het, Hom bemoei met die kleinste detail van die mense daar onder. Net uit daardie hoogte wat alles vir my so nietig en klein lyk, het ek weereens besef dat ons n niks is sonder God nie.
Oor kwaad wees vir God, was ek ook ernstig skuldig. Net soos Jona wat vies was omdat God nie gedoen het wat Hy gese het Hy gaan doen nie, en dit nadat Jona in die eerste plek nie die doem boodskap wou oordra nie en toe tog gegaan het, het ek gevoel die Here het my in die steek gelaat en dit nadat ek op daardie stadium regtig my bes gedoen het om Hom tevrede te stel. Hy het my kind laat sterf, en waar is die liefde daarin? Ek kon nie die groter prentjie raak sien nie. Maar nou besef ek dat Hy selfs dit in diens kan neem om ten goede mee te werk. Sy liefde en genade is werklik nie iets wat ons verdien nie, want sonder Hom is ons niks.
Etienne: Dankie. Jy lees die teks noagl goed raak. Vir Jona het alles inderdaad net oor homself gegaan.
Klein en skuldig: Ek is so bly jy sê nie jou kindjie se dood was God se skuld nie. Hy neem haar dood en ook jou kwaad wees in diens. Dankie.
Jona is soos ons amal geneig is om te wees.Eiesinnig,eks nie 3e nie,eks 1e.en ongehoorsaam.
Dan is hy nie bereid om mense van n ander volk te waarsku nie,ek wonder of hy sy eie stad se inwoners sou waarsku,of selfs sy eie familie,veral ook sy ou skoonma?
Jak.
Vir my is die punchline die vraag wat Jona nooit antwoord nie : “Het jy rede om kwaad te word”. In plek daarvan om te gaan sit en dink oor die vraag en met ‘n eerlike antwoord op te kom hou hy aan om soos ‘n dikbek tiener op te tree. Ek hoor hom al kerm – ” Dissie fair nie!”
Soms raak ons almal kwaad en verward, maar as ons opreg na ons omstandighede kyk moet ons besef – ons het geen rede om kwaad te word nie.
Jak: Jona is waarskynlik eerste, tweede en derde op sy prioriteitslys.
Waterdraer: Lekker uitdrukking. “Ek hoor Jona sê: Dissie fair nie.” IS waar ne, almal van ons raak soms kwaad – selfs kwaad vir God. gelukkig is Hy anders as ons. Hy hou dit nie teen ons nie. Hy het dit nie teen Jona gehou nie.
Miskien slaan ek die bal nou heeltemal mis hier, maar bring ons nie meeste van die dinge wat met ons gebeur oor onsself nie? God het ons so gemaak dat ons kan KIES. Met die vryheid van keuse kom ook die verantwoordelikheid wat te paar gaan met dit wat ons kies. So, soms veroorsaak ons ons eie probleme en word dan vir God kwaad daaroor.
Ek besef wel dat mens nooit sal kies dat jou kind moet sterf nie. Maar dit is een van die hartseer dinge waarop ek as mens nie ‘n antwoord kan kry nie, maar ek glo nie om vir God daaroor kwaad te word, sou reg wees nie. Ek glo dat selfs so iets gebeur met ‘n groter doel.
Ek het ‘n baie wyse ouma gehad en sy eht een keer gese: “Mens huil en si kwaad vir God as hy jou knd jonk laat sterf, maar hoe sal ons ooit weet hoeveel groter smart God ons nie dalk juis daardeur spaar nie.” Ek weet dis nie ‘n troos nie. Dis maar net my perspektief. Tot vandag, ongeag wat, glo ek God het ‘n doel en weet die beste, slefs in slegte tye. Soms miskien VERAL in slegte tye.
En dis nie eintlik ‘n antwoord op jou vraag oor Jona nie, Attie. Ek wou maar net se.
Sonkind: Ek dink dit is soms net so gerieflik om vir God die skuld te gee, dan hoef ek nie verantwoordelikheid te aanvaar vir my keuses en besluite nie. As ons in staat was om God ten volle te verstaan sou Hy maar redlik klein gewees. Hy “amaze” ‘n mens maar altyd weer. Deel van ons verwondering oor God is dat Hy ons elke keer weer verras.
Ek dink God is ongemaklik met ons as ons “neutraal” bly of op die kantlyn sit. Jona gaan uit die stad uit en hou van ver af die stad dop. (Ek sal ook eerder uit konfrontasie uit bly as ek n keuse het, maar dis soms, dink ek juis daar waar God ons wou he. Wie anders sal dan die sout van die aarde wees as ons dit nie is nie?)
Om God se wil te doen is nie altyd “lekker”, of as allerlei “versoekinge jou pad langs kom” maar dit loop verseker altyd uit op n “loutere vreugde vir die wat daardeur geoefen is” Heb 12:11.(Ek meen kyk net watter lekker storie kon Jona na die tyd vertel van die walvis; enige man sou wat wou gee om so n kerf op sy merkstok te he)
My opinie, om alles op te som is dat as God weet jy het potensiaal, Hy jou verseker gaan “Roer”, (Die komkommer plant wat Jona verontwaardig en dan die son wat hom brand; ook die storm op die see en dat hy oor boord gegooi word). Hy gaan dit ongemaklik vir jou maak sodat jy uit jou skuiling moet kom of onder die dek van die skip(Gemak sone).
Jou “Prys” wat jy betaal het, maak nie saak hoe groot nie, is nie vergelykbaar met een siel wat verlore gaan nie. As God reken dat ongerief in jou lewe n verskil in iemand anders sin gaan maak, moet jy weet dit is op pad. As jy dan wel ongerief ervaar, kyk om jou rond en vra God…”Wat wil U he moet ek doen?….
Miskien,as jy wel doen soos die Heilige Gees jou se om te doen is daar nie rede dat God ongemak in jou lewe toelaat nie??.
Len: Ek hou besonder baie van die gedagte dat as God weet dat ek potensiaal het gaan Hy my roer. En het Hy nie vir Jona gereoer nie. Dankie.
Attie
Ds Jan het eenkeer ‘n preek oor God se genade en Jona gehad en dit gelink met 2 Petrus 3:9. Dit was die boodskap wat Jona (en ons) nie verstaan nie.
Babette: Ek en Renate het in hierdie week oor daardie preek gepraat en dit ook so onthou. Dis darem lekker dat ons op hierdie wyse kontak kan hou.
Attie, Wat ‘n besondere manier om skrifuitleg toe te pas. Die hermeneutoek was skitterend. Ek het veral gehou van die toepassing van die oneindige genade van God wat Jona telkens weer opgesoek het. Dit het my laat dink aan die verse in 1 JOhannes 1:9. Ek wonder oor twee sake: *Ek wonder oor die voortdurende genade van God wat nooit moeg word om soos die pa in die gelykenis van die verlore seun te wag en te kyk om dan oorvloedig te vergewe nie? *Ek wonder net of die bodskap van die genadige God nie sterker kon funksioneer in die doop self, of in verwysing daarna in die preek, nie? nogmaal dankie en sterkte.