GOD: OORVLOEDIG IN SY GENADE

Lees hier ‘n GEBED vir vandag 

“Wie is ‘n God soos U? U vergewe sonde, U straf nie die sonde van die wat uit U volk oorgebly het nie. U bly nie vir altyd kwaad nie, U betoon liefde.

Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi.

U sal getrou wees teenoor Jakob, liefde betoon aan Abraham , soos U in die voortyd aan ons voorvaders met ‘n eed beloof het.” (Miga 7:18-19)   Lees voort “GOD: OORVLOEDIG IN SY GENADE”

HELP MY PREEKMAAK

 Lees hier ‘n GEBED vir vandag.

Ek maak vandag (Vrydag 31 Augustus) preek met die oog op Sondag. Ek preek Sondag-oggend uit Jona 4. Warren Wiersbe se opskrif in sy kommentaar oor Jona 4 is: “God in the hands of an angry sinner.” Dit gebeur soms dat ‘n mens kwaad word vir God. Jona was egter kwaad omdat God se genade volgens hom (Jona) te groot was. Lees bietjie deur Jona 4. Wat dink jy is die boodskap van Jona. Lees voort “HELP MY PREEKMAAK”

Ses dinge wat ek glo.

Elke tyd vra sy eie vrae met betrekking tot die kern van ons geloof. 

Die geloofsbelydenis wat ons by geleentheid in die kerk sê is natuurlik een van die beste samevattings van die kernwaarhede van ons geloof. Mens kry egter soms die indruk dat sommige mense die geloofsbelydenis sê met hulle vingers agter hulle rug gekruis. (Laerskool kinders kruis hulle vingers agter hulle rug en dan mag hulle maar lieg. Ek dink amper hulle sê nog iets soos “nix” ook.)  Lees voort “Ses dinge wat ek glo.”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑