EK VERHEUG MY IN GOD

In Lukas 1:46-56 lees ons die loflied wat Maria sing nadat sy gehoor het dat dit God die langverwagte Messias in haar verwek het. In hierdie loflied sing Maria oor die karakter van God. God is oppad met sy skepping – hierdie skepping. Ons roeping en taak as Christene en as kerk is om deel te wees van dit waarmee God besig is. Ek lees graag die loflied van Maria om my daaraan te herinner dat dit ek is wat in God se diens is en nie God is wat in my diens is nie. Hierdie lied help my weer om te fokus op wie God is. 

Maria verheug haar in:

– die grootheid van God. (vers 46)

– die God van die Verlossing. (vers 47)

– die God wat mense in hulle geringheid raaksien. (vers 48)

– die God wat magtig is en groot dinge doen. (vers 49)

– die God wie se Naam heilig is. (vers 49)

– die God wat barmhartigheid wys aan die wat Hom eer. (vers 50)

– die God wat behoeftiges oorlaai met goeie gawes. (vers 53)

– die God wat getrou is en die beloftes wat Hy maak hou. (vers 54)

Elke keer wat ek terugkom na hierdie loflied is daar in hierdie paar verse iets anders oor die karakter van God, wat my weer moed gee. Vandag is dit die wonderlike wete dat Hy die beloftes wat Hy in sy Woord maak hou. Ek pak baie keer  dinge aan omdat ek glo dit is in gehoorsaamheid aan die Here. Daar is kere wat ek verkeerd verstaan en drome jaag wat op die ou end nie God se droom is nie – kere wat ek op my eie missie was. Daar is egter ook die wonderlike geleenthede waar ek beleef het dat ons in voeling was met dit waarmee God besig was (God se missie) en dan was die getrouheid van God wonderlik om te ervaar. Nou is weer so ‘n tyd in my lewe. Ek is met ‘n hele paar dinge besig en ek is in my hart oortuig dat ek in gehoorsaamheid aan die Here optree. Daar is egter hierdie een saak waar daar nog nie baie bewyse is dat ons die Here reg verstaan het nie. Wonderlik om in die loflied van Maria te lees dat ek my vertroue geplaas het in die God wat getrou bly aan die beloftes wat Hy maak.

Watter een van hierdie eienskappe van God beteken vandag vir jou baie? 

God is groot; God sien die minder belangrikes raak; God is magtig; God is heilig; God is goed vir die wat sy Naam eer; God hou sy beloftes.

Ek sou graag jou KOMMENTAAR wou lees.

(30/08/07/584)

7 thoughts on “EK VERHEUG MY IN GOD

Add yours

  1. Die grootheid van God. (vers 46) – Op n stadium het ek gereeld Kaap toe en terug gevlieg. Wanneer ons oor n dorpie, plaasopstal of paaie vlieg en die voertuie so klein is dat jy dit skaars kan raaksien, het ek my verwonder oor God wat die heelal geskep het, Hom bemoei met die fynste detail van elke persoon daaronder. Net uit daardie hoogte terwyl alles vir my so nietig en klein lyk het ek weereens besef dat ons n niks is sonder ons God nie!

  2. Ek kom die laaste tyd al hoe meer tot die besef dat ons God wil gebruik vir ons eie voordeel en as God aan ons versoek (opdrag) voldoen, dan spog ons oor hoe oulik ons nou eintlik is. (dat God na my luister) Ek is so bly jy noem dit net weer dat dit ONS is wat GOD DIEN en nie andersom nie.

  3. Watter een van hierdie eienskappe van God beteken vandag vir jou baie? -> Vanmore het ek my nuwe versie gemoriseer. Psalm 25:15 Ek sal altyd my oe op die Here rig, want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou.

    God sal jou nooit los nie. Die maatjies, vriende, families kan jou vir ‘n dag ignoreer, maar nie God nie! Sy STEM is altyd daar, in jou hart, in jou gedagtes…. Dit laat my nie eensaam voel nie. Ek het ‘n ware maatjie en dis in my hart. Hy vat my voete en lei my op die regte en moeilike pad.

  4. Vir my is God groot,Wie aan my die voorreg gegee het om aan moedersknie van Hom te leer.Wat my reeds vir 65jaar gedra het,en op Wie ek vir vandag en more kan staatmaak sodat ek blymoedig kan voortgaan.
    My dank aan Hom wat my oe oopgemaak het vir die wonders van Sy skepping,en Sy verlossingsplan.
    Die grootste wonder dat Hy die Geloof in my gewerk het

  5. GOD IS GROOT! Gisteraand met ons selbyeenkoms het een van die ouens ‘n liedjie van Jeremy Riddle online gespeel: “Glory of God” Die musiek-video wys heeltyd tonele uit die skepping.

    Dis so groot, dis skoon oorweldigend. Ek besef net weer HOE GROOT IS GOD! Hy wat alles gemaak het! En hoe maklik raak ons nie in ons eie wereldjies vasgevang nie…

  6. Alec: Ek kry soms die indruk mense dink: As dinge reg loop is ons goed. As dinge verkeerd loop is dit die onverstaanbare wil van God.
    Volharding: So waar, God werk deur sy Gees in ons. As ons leer om te weet wanneer Hy met ons besig is, dan bly ons voete op die regte pad.
    Jak: Inderdaad: Die grootste wonder is dat Hy die geloof in my gewerk het. Soli deo gloria – Aan God alleen al die eer.
    Johannie: Vasgevang in ons ei wêreldjies mis ons die werklikheid wat God geskep het – alles in ons. Selfs die sterre miljoen ligjare weg.

  7. Ek staan verbaas oor Sy grootheid.

    God se grootheid en goedheid en genade behoort sigbaar in ons lewens te wees. Ons as Sy kinders moet Sy wil doen en nou en dan ‘n bietjie “WILL ALLIGNMENT” doen deur toe te laat dat Sy Woord ons denke vernuwe.

    “What you are speak so loud that the world cant hear what youre saying!”.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: