As Christene is ons uitdaging om die liefde en die genade van ons Here Jesus Christus sigbaar te maak in hierdie wêreld.
Watter wonderlike voorbeeld is Moeder Theresa nie.
Twee kort video snitte wat die Here Jesus se liefde vir mense wat swaarkry deur haar wys.
Wees gewillig en beskikbaar.
Hier kan jy KOMMENTAAR lewer of ander se kommentaar lees.
Jesus vergelyk homself met Jona (Mat 12:39-41 en Luk 11:29-32). Kyk wat sê Jesus betreffende die manne van Nineve wat in die oordeelsdag sal opstaan saam met latere geslagte en teen hulle as getuienis sal optel. Om iets van Jona 4 se impak in betekenisse te verstaan moet mens ag slaan op die inhoud van Jona se prediking Jon 1:1 en 3:1 en 3:4. Hy moet net vir hulle gaan sê hoe sleg hulle is en dat hulle verwoes gaan word. God het skynbaar self die ommekeer in hulle lewende stelling. (Seker die wat seker van die LIEFDE GENADE EN HELING teoloë so ‘n probleem met ‘n boek het wat sê?: God sê Mense is sleg.!!
Jona 4 sê vir my dat ‘n boodskapper wat God se boodskappe aflewer hoe teensinnig en vol gramskap ookal bereik waarskynlik ‘n groter herlewing as 100 verligte teoloë wat weier om oor die mens se sonde te praat omdat in hulle woorde die arme “slegte” mense (Sleg volgens God) reeds so stukkend en verwond is dat mense nie nog meer op hulle ellende kan konsentreer nie. Die soort teologie lyk vir my al te veel na geestelike “kos en komberse uitdeel”. En om Jona wat as ons ons op die teks verlaat (Soos ons behoort) self waarskynlik in sy halstarrigheid volhard het, het die grootste wonder kuur in die hele ou Testament aan die slegtes gebied omdat hy uiteindelik God se boodskap gaan aflewer het. Jona sê vir my die inhoud van die boodskap is belangrik. Die ingesteldheid , die toegewydheid, die heiligheid,ja selfs die teologiese onderbou van die boodskapper is van uiters geringe waarde.
Jona 4 Sluit die verhaal van die bangste en onwilligste profeet in die ou Testament ( wat nogal te verstaande is as mens kyk hoe beskryf Mahum 3 hierdie mense) met die korste preek in die Bybel – net een sin : Oor 40dae word julle stad verwoes)wat die magtigste herlewing denkbaar tot gevolg het af, en laat mens met angs en onsekerheid oor die uiteindelike lot van die profeet self.
Outydse Bekering.
Outydse bekering: Raak gesê. Ek kon ook nie anders as om te dink aan die moderne gedagte dat daar geen sin is om mense op hulle sonde te wys nie. Ek beleef egter ook dat ons nie mense genoegsaam help om geestelik te groei sodat hulle onm so ‘n mate ‘n verskil kan maak in die wereld dat hulle die reg verdien om gehoor te word nie. Ek beleef soveel weerstand teen die verkondiging van die evangelie, dat ek wonder waar het ons verkeerd geloop.
Wie het verlede week die artikel in die Amerikaanse TIME-tydskrif oor Moeder Theresa gelees?Sy het daarvolgens n lewenslange stryd om geloofs-sekerheid gevoer !.
Jak: Ek het gelees oor Moeder TheresaEk het dit verstaan as dat sy soos menige mens maar met tye geworstel het in haar geloof. Wat ek gelees het, het my weer laat besef dat sy maar net ‘n mens was soos elkeen van ons maar omdat sy gewillig en beskikbaar was, kon die Here haar wonderbaarlik gebruik. ‘n Feilbare mens, maar ‘n wonderlike inspirasie.