Die “20 somethimg” kamp by Woord in Aksie is verby. ‘n Paar van die ouens het vir my geskryf wat die kamp vir hulle beteken het. Ek het met hulle ooreengekom dat ek nie hulle name gaan noem nie, maar tog ietsie gaan skryf oor wat hulle beleef het. Ek noem hulle sommer “A” “B” ens.
A: “Ek wil net dankie sê vir die geleentheid van die kamp en dat ek saam mag gegaan het. Die kamp het vir my antwoorde op sekere van my vrae gegee en ek het die Here in my lewe en in my hart toegelaat.”
B: ‘n Boeing (ek en jy) op die grond en die aanloopbaan bereik nie sy werklike doel en potensiaal nie, maar wanneer die boodskap oor die initerkom sê: “Ladies and gentleman, we have a lift-off!” en die “thrust” so sterk is dat jy nie kan omkyk na waar jy vandaan kom nie, begin jy fokus op dit wat voor jou is en op die dreuning van die enjins (waarheid, geloof, liefde van Jesus) wat die stemme van die terroriste (die valsheid) heeltemal uitwis. God dra elke vliegtuig! Sy brandstof laat my enjin dreun en vorentoe beweeg.”
C: ” Ek het die kamp as ‘n draaipunt in my lewe beleef. Ek het gisteraand my lewe aan die Here oorgegee. As kind sou ek gesê het: ‘Ek het my hart vir Jesus gegee.'”
D: “Die kamp was vir my ‘n wonderlike belewenis waar ek beleef het dat die Here direk met my praat sonder om doekies om te draai.”
E: “Ek het gisteraand ‘n nuwe lewe gekry.”
F: ” Die kamp het vir my eintlik al so twee maande terug begin toe ek my naam vir ds. Attie ge-sms het. Een Woesndag-aand het ons in Milleneza bymekaar gekom en ek is by ‘n wonderlike selgroep ingedeel waar God toe reeds begin het om my voor te berei vir die naweek wat wag. Ek is verder aan God blootgestel deur ‘n vriendin en Joyce Meyers. God het geweet dat ek geestelik moes oopmaak en blootgestel moes word voordat die saad wat die naweek sou val my dieper sou raak. Ek het ‘n keuse gemaak om van lewenstyl en vriende te verander en het met ‘n oop gemoed na die kamp toe gekom. Wat ek gekry het, is nie wat ek verwag het nie. Die Heilige Gees het van Saterdag-oggend af so daadwerklik in my lewe gewerk dat ek iets soos ‘n hartpyn ervaar het elke keer as ‘n deel van my gewese lewe aangespreek is, my egskeiding, my maande van ‘n wilde lewe waar niks meer vreugde verskaf het nie. Daar is oor diep en aktuele sake gepraat en ek kon sekere dinge in my lewe in ‘n bondeltjie toedraai en vasmaak en vir my Here en my God gee. Ek is nog nie volkome genees van al die letsels en wonde wat ek deur die lewe opgedoen het nie, maar ek weet ek is deur God vergewe en dat ek in Hom die krag sal kry om totale genesing te beleef en dat ek deur my seer ervarings ander sal kan bystaan en ondersteun terwyl hulle soortgelyke dinge beleef.”
Getuienisse soos hierdie laat my weer besef watter wonderlike voorreg dit is om deel te wees van dit waarmee die Here hier op aarde besig is. Ek het nou alreeds twee keer met die tieners gaan kamp en ek begin nou sien hoe hulle dit wat hulle op daardie kampe beleef verder neem deur gewillig en bekikbaar te wees vir dit waarmee God op hierdie stadium in die wêreld besig is.
“Hemelse Vader. Ons sien weer in hierdie getueinisse hoe die Koninkryk van die Seun van U liefde stukkie vir stukkie aanbreek. Hoe wonderlik om te sien hoe U in mense en met mense werk. Dankie vir U hand van herstel en genesing en vergifnis wat hierdie naweek hierdie jongmense se lewens aangeraak het. Ek bid dat U deur U Heilige Gees die wonderlik werk wat hierdie naweek begin is sal klaar maak in elkeen van ons se lewens. Gebruik ons om in hierdie wêreld tekens van U komende Koninkryk op te rig. Amen”
Hier kan jy KOMMENTAAR lewer of lees wat ander mense sê.
Gisteraand lê ek in die bed, maar ek is te bang om te slaap… te bang ek vergeet een woordjie, een gedagte wat ek soos ‘n spons opgesuig het. Ek bid voortdurend en vra die Here om my spons so rond en vet en vol te hou, dat daar nie ‘n druppeltjie uitsyfer nie.
Ek loof en prys die Here vir hierdie geleentheid wat ek gehad het en beveel dit vir enige iemand aan.
Ek is bly julle kamp was so geseend!
As lid van die 20something kamp wil ek net se mense wat gedink het die kamp is nie nodig nie of dis net nie nodig nie.As ek mag wil ek se ‘shame’ jy het regtig iets besonders gemis.Ek meen vir daardie klein bedrag het ons regtig soos konings geleef,maar dit moet mos so wees want ons is God se kinders.Die Here het my lewe regtig verander en ek is trots daarop.Eks nie meer bang om voor mense te staan en te praat oor God nie ek sing sommer vir hulle.Sonder God in my lewe sal ek nie n dag kan ingaan en weet alles sal reg wees nie.Ek sit my dag in sy hande hulle se jy moenie bekommerd wees oor more nie.Ek is nie net die idee van yes ek gaan weer in God se naam opstaan en Hom loof laat my net sommer bokspring.Hulle se God loop saam met jou die pad nie met my nie ons 2 ry sommer in n kar en gesels en lag en geniet die lewe wat ek het.Ek wil net getuig en met mense praat oorhoe God met mense werk en hoe goed hy is.My naam kan ook genoem word want ek het nie n skaamte oor my Vader nie en ek wil he die mense moet weet ek is oppad om die wereld te vertel van die enigste God wat daar is.Seen groete en onthou God is lief vir jou ook.Groete
Ek wil eerste begin deur te se watse wonderlike geleentheid het ek gehad om deel te wees van so wonderlike groep jong mense ek wou ook baie graag kamp toe gaan want ek moet bely ek is nie skaam om dit te vertel nie ek was ng altyd n Christen maar my liggie het nie altyd ten volle geskyn nie ek het besef om Jesus ten volle te ken moet ek moeite doen en dink aan wat kan ek vir hom doen toe ek hoor Ds Attie se die 20 plussers gaan kamp het ek dit as die perfekte geleentheid gesien en ek was baie opgewonde oor die kamp en natuurlik het die duiwel my aanslae gegee en gese maar magna jy ken niemand nie toe die kamp uiteindelik aanbreek moet ek eerlik bely ek was bang ek sou alleen wees die Vrydag was ek die skuldige 1 wat die bus rit opgehou het want ek was laat en toe vergeet ek ook nog my slaap sak en kussings by die huis op die ou einde ek lekker gemok daaroor maar ja dit was die moeite werd. OP die kamp is ons regtig soos konings behandel die kamp was die min geld oor en oor werd! Die saterdag die 25ste is n dag wat ek nie sal vergeet nie Tannie Marie het met ons kom praat oor Trauma in ons kindertydperk en seksuele gedrag! Die middag het sy gepraat oor ons kindertydperk en watse rol jou ouers ook speel,vergifnis en aanvaarding dit het regtig elkeen van ons se harte geraak daar het ek gesien wat kan die Heilige Gees vir jou doen as jy as mens wat n keuse het die Heilige Gees toelaat! maar die hele dag voel ek oorweldig deur al my emosies, die aand het gekom en ons het ons Hemel Pappa se naam geprys dit was wonderlik dit was asof ek nie uit die saal wou gaan nie ek wou die heeltyd in daardie atmosfeer wees die leiers het die aand n uitnodiging gemaak vir elke jongmens en ek het besluit ek wil my verhouding met God prioriteit nr 1 maak en het die keuse gemaak om meer voluit vir Jesus te lewe voordat ons geweet het wat ons vir God gaan doen het God ons reeds uitgekies en het God sy Enigste Seun laat kruisig vir ons! watse geskenk het elkeen van ons nie ontvang nie en kan ons elkeen rustig gaan slaap om te weet ons is uitverkies Ons Pappa ken elkeen van ons soos die palm van sy hand! Ek wil net vir die Jongmense se wat nie was nie julle het regtig baie gemis en julle moet regtig gaan die Here en sy engele sal julle bystaan deur die kamp en julle sal regtig voel julle is nuwe mense! Dankie vir almal wat die kamp wonderlik gemaak het en natuurlik die wat dit moontlik gemaak het dat ons jongmense van N.G Bergsig gemeente ook kon deel wees daarvan. Nogmaals dankie en n gedagte wat dit moontlik maak om elke dag te voel of jy op n kamp is die Bybel moet soos jou kos word wat jy eet en jou gebed moet so wees dat jy voel jy kan enige tyd bid en glo dit gaaan verhoor word! Jesus het ons almal onsettend lief en ons moet net vashou daaraan maak nie saak hoeveel aanslae ons van die Satan kry nie ons Vader sal ons beskerm en altyd ons voetspore vir ons volstaan! Maar van my kant af en ek glo nog jong mense Baie Baie dankie dat ons so bevoorreg kon wees om te gaan en almal onthou As JESUS VIR ONS IS WIE KAN TEEN ONS WEES!!!
Ek het na die kamp gegaan met 2 gedagtes wat my gepla het! nommer 1: Hoe weet jy as die Heilige Gees in jou werk en nommer 2: Hoe kan Die Here jou lewe in een naweek verander!
Wel die antwoork op nommer een is maklik! Jy voel Die Heilige Gees as Hy in jou werk, dis soos ‘n groot troos gevoel en blydskap en “ek wil net op staan en sing en daans”.
Die antwoord op vraag 2 is nog makliker. Hoe kan Die Here in een naweek jou lewe om draai, wel in die eerste plek is Die Here ons God die almagtige so als is vir Hom moontlik. En dan het die Die Here nie eers ‘n naweek gevat nie, ek het Saterdag aand die 25 Aug 2007 my hart en lewe vir die Here gegee.
Ek het ‘n brandende passie binne my om die Here se naam te prys en te eerbied.
Die Here is ons almagtige God en Vader.
Prys Hom
Ek het raad nodig. Ek het iets vreeslik gedoen. Ek het geweet dit was verkeerd. Ek het voorheen toe ek dit gedoen het, belowe ek gaan dit nie weer doen nie, en die Here onverskoning gevra. Ek weet nie hoekom ek dit weer gaan doen het nie.
Het jy nie ‘n privaat e-mail address waar ek alles kan vertel nie
Hello privaat
Ek luister met al die liefde van Jesus in my hart na jou. Woon in Sydney Australie en dit sal wees tussen my jou en Jesus.
My email is:
magdakopp@hotmail.com