‘N LITANIE VIR MOEDERSDAG

Ek het hierdie aangrypende stuk: An open letter to pastors {A non-mom speaks about Mother’s Day} in hierdie week gelees. Ek wil nie die stuk herhaal nie, so elkeen moet dit dalk maar self gaan leer. Ek het soortgelyke ongemak verlede jaar met moedersdag beleef. Einde laaste het ek al die vrouens laat opstaan het, nie net die ma’s nie.

Na aanleiding van die stuk het ek besluit om ‘n litanie te skryf vir moedersdag. ‘n Litanie vir waaghalsige dominees.

Voorganger: Aan die wat hierdie jaar aan hulle eerste kind geboorte gegee het…

Gemeente: Ons juig saam met julle.

Voorganger: Aan die wat hierdie jaar ‘n kind aan die dood moes afstaan… 

Gemeente: Ons treur saam met julle.

Voorganger: Aan die saam met die kleintjies in die loograaf is en die medalje van kosvlekke op julle klere dra…

Gemeente: Ons waardeer julle.

Voorganger: Aan die wat hierdie jaar verlies beleef het deur ‘n miskraam, mislukte aanneming, of kinders wat weggeloop het…

Gemeente: Ons treur saam met julle.

Voorganger: Aan die wat die baie moeilike pad van onvrugbaarheid, blootstelling en trane en teleurstelling loop…

Gemeente: Ons loop saam met julle. Vergewe ons as ons dit moeiliker maak.

Voorganger: Aan die wat pleegma’s, mentor ma’s en geestelike ma’s is…

Gemeente: Ons het julle nodig.

Voorganger: Aan die wat warm en mooi verhoudings met julle kinders het…

Gemeente: Ons juig saam met julle.

Voorganger: Aan die wat met teleurstelling, hartseer en verwydering worstel…

Gemeente: Ons sit by julle.

Voorganger: Aan die wat hierdie jaar hulle ma’s verloor het…

Gemeente: Ons rou saam met julle.

Voorganger: Aan die wat mishandeling en misbruik by jou ma beleef het…

Gemeente: Ons sit by julle.

Voorganger: Aan die wat in hierdie jaar deur berstuurslesse, mediese toetse, en die algemene beproewinge van moederskap is…

Gemeente: Ons is beter omdat julle in ons midde is.

Voorganger: Aan die wat ‘n kind vir een of ander rede tydens swangerskap verloor het…

Gemeente: Ons onthou die kinders en ons hou julle vas op hierdie dag.

Voorganger: Aan die wat enkellopend is en daarna verlang om getroud te wees en hulle eie kinders te hê…

Gemeente: Ons droom en bid saam met julle.

Voorganger: Aan die wat tweede-mammas is en saam met die man wat jy liefhet ook kinders uit sy vorige huwelik gekry het…

Gemeente: Ons stap hierdie uitdagende pad saam met jou.

Voorganger: Aan die van julle wat daarna verlang om die vreugde van kleinkinders te beleef, maar weet dit gaan nie gebeur nie…

Gemeente: Ons treur saam met julle.

Voorganger: Aan die wie se nes in die komende jaar nog leër sal wees…

Gemeente: Ons huil en juig saam met julle.

Voorganger: Aan die wat verwag en nuwe lewe in hulle ronddra…

Gemeente: Ons leef saam met julle in hoopvolle verwagting.

Voorganger: Aan die wat hulle kinders vir aanneming moes gee…

Gemeente: Ons onthou julle selflose liefde.

Voorganger: Op hierdie moedersdag, loop ons saam met julle elkeen. Om ma te wees is nie vir die lafhartiges nie. Ons het ware stryders in ons midde. Ons onthou julle.

 

3 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

3 responses to “‘N LITANIE VIR MOEDERSDAG

  1. Christelle van der Walt

    Dit is ‘n pragtige manier om hulde te bring aan al die Moeders – baie baie spesiaal. Dankie!

  2. dit is pragtig….

    ek dink soms God gee aan enige vrou die liefde wat ‘n moeder nodig het, al is hul skoot leeg is die wêreld so vol kindertjies, dat dit hul eie skuld is as hul harte leeg is!!!!!!!!

    dit was my grootste droom om eendag dogtertjies te kon hê, maar dit was my nie beskore nie, en toe klonkie 6jaar oud was, gee God toe vir my sommer drie leendogters, waarsonder my lewe so leeg sou wees, en steeds vandag elke keer kom daar ‘n mensie op my pad, wit, bruin, maak nie saak nie, en ek voel die nood aan en vul ‘n stukkie van hul lewens met liefde en ‘n oop hart, en dit bring my soveel vreugde, dat ek nie kan glo in vandag se harde wrede wêreld daar steeds vroue is wat ween oor hulle nie kinders het nie…………………. daar is so ongelooflik baie wat tog te dankbaar is vir ‘n drukkie of goeie woord of daad

  3. Kameel

    Dit het my hoendervleis gegee; soveel lief en leed rondom ma wees. Dankie!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s